’n Beter lewe vir Tufi
Die tienermeisie se pleegsorgma het ingespring om vir haar behandeling die weg te baan.
Yolanda Nel
Die twaalfjarige Tuufillwa Ndamonako (Tufi) het toe sy maar agt maande oud was, ’n beroerte gehad wat haar vir ’n maand lank in ’n koma gehou en die regterkant van haar lyfie verlam gelaat het.
Dokters het destyds nie hoop gehad dat die klein dogtertjie ooit sou loop nie en het tot die slotsom gekom Tufi sou haar hele lewe in ’n rolstoel deurbring.
Maar Tufi was tóé al ’n vegtertjie en hoewel dit tog moeite verg, hardloop sy vandag die wêreld vol.
“Nee, Tufi loop nie. Sy hardloop en het hope energie,” sê haar pleegsorgma, Karlien Kruger.
Benewens die letsels wat ná Tufi se beroerte merkbaar is, is sy ook met serebrale verlamming gediagnoseer.
Tufi is al vier jaar in Karlien se sorg, nadat Dagbreek-skool haar gevra het of sy nie van enige pleegouers weet nie. Toe Karlien hoor dat Tufi destyds die vorige Kersfees in ’n skuiling vir haweloses deurgebring het, het sy geweet sy moet haar hart en huis vir die dogtertjie oopmaak.
Karlien het vroeër vanjaar vir Tufi na dr. Tommy van Wyk geneem en daar is bevind dat met behandeling, haar lewensgehalte kan verbeter en dat sy ’n goeie kandidaat vir stemselbehandeling is. “Nie net kan dit moontlik van die breinskade herstel nie, maar dit kan ’n geweldige impak op haar ADHD ook maak,” vertel Karlien.
Die behandeling kos sowat N$50 000 en ’n GoFundMe-blad is nou begin om geld hiervoor in te samel. “Ek wil dit vir Tufi doen en vir ’n haar ’n beter lewe gee.”
Tufi is gaande oor teken en sy teken graag vierkantige katte. “Ek is in die proses om Square Cat as ’n handelsmerk te registreer. Ons wil dan hemde, sokkies en hoedjies maak om nog geld te genereer,” sê Karlien opgewonde. En met die insamelingsprojek, glo sy, kan hulle soveel méér kinders help.
Sou jy ’n bydrae tot Tufi se behandeling wil maak, besoek gerus die fondsinsamelingsblad by www.gofundme.com/f/therapy-for-tufi.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie