’n ‘Betlehem-ster’ vir 21 Desember
In sommige kringe word hierna as die vorming van die Betlehem-ster verwys – ’n rare gebeurtenis wat eers oor 60 jaar weer gesien kan word.
Elvira Hattingh
Op 21 Desember sal die planete Jupiter en Saturnus slegs 0,1 grade weg van mekaar in die hemelruim verskyn – so naby aan mekaar dat dit met die naakte oog as een, helder ster kan vertoon.
In sommige kringe word daarna as die vorming van die Betlehem-ster verwys – ’n rare gebeurtenis tussen ons sonnestelsel se twee grootste planete wat eers oor 60 jaar weer gesien kan word.
Die Afrika Astronomie-vereniging sê mense kan nou reeds vanaf net ná sononder in ’n westelike rigting kyk – waar die twee planete reeds sigbaar is en daagliks nader aan mekaar beweeg.
Die laaste keer wat ’n soortgelyke konjunksie tussen die planete voorgekom het, was glo in 1623. Boonop gebeur dit vanjaar toevallig ook op die dag van die somersonstilstand.
Teen 21 Desember sal dit so naby as 600 miljoen km van mekaar af wees en kan met die naakte oog as een, helder ster vertoon. Jupiter sal tydens die gebeurtenis ook sowat 11 keer helderder as Saturnus wees.
Die Suid-Kaap Astronomie-klub sê die ‘Betlehem-ster’ sal teen sowat 20:00 die beste gesien kan word.
DRIEHOEK
Boonop sal die sekelmaan op 17 Desember vir nog ’n skouspel sorg wanneer dit ’n nou driehoek met Jupiter en Saturnus in die naghemel sal vorm, het die klub gesê.
Die samekoms van Jupiter en Saturnus, waarna as die groot konjunksie verwys word, gebeur sowat elke 19 tot 20 jaar. Tog is 2020 die jaar waarin die planete die naaste aan mekaar kom sedert die Middeleeue. Net op 4 Maart 1226 was dit nader aan mekaar as vanjaar.
Oor die volgende jare sal meer planete in ons sonnestelsel naby aan mekaar verbyskuif.
Op 13 Julie 2021 sal Venus en Mars so naby as 0,5 grade van mekaar wees, waarna die planeet Mars bykans ’n jaar later op 5 April 2022 tot so naby as 0,3 grade aan Saturnus sal verskyn.
In dieselfde maand, op 30 April, sal Venus en Jupiter weer in konjunksie wees en 0,2 grade van mekaar verwyder wees. Op 29 Mei 2022 is dit Mars en Jupiter se beurt, waartydens dit so naby as 0,6 grade van mekaar sal kom. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie