'n Betoog teen die Outjo-slagpale (Deel 1)
'n Betoog teen die Outjo-slagpale (Deel 1)

'n Betoog teen die Outjo-slagpale (Deel 1)

Mandy Rittmann
POITOU SKRYF:

Hierdie is 'n lang skrywe, maar dis ter wille van ons donkies.

Elke jaar op die eerste dag van die jaar wens ons mekaar 'n voorspoedige nuwe jaar toe – dis die toppunt van optimisme, maar kom die 2de Januarie en al die ander dae en maande en die “voorspoedige” is daarmee heen.

Hierdie, behalwe al ons ander probleme, is nie 'n voorspoedige jaar vir ons land se donkies nie. Ons weet almal dat ons baie ander probleme het, maar ons menslike probleme is probleme wat ons self veroorsaak, en ons as mense kan iets daaromtrent doen en onsself help.

Maar ons donkies is onskuldig deur buitelanders in 'n situasie ingesleep waaraan die donkies niks kan doen nie, waarteen hulle weerloos is, maar ons as Namibiërs en ons regering kan vir ons donkies baklei en hulle help. Donkies was nog altyd daar vir ons mense, nou is dit ons beurt om daar te wees vir ons donkies.

Dit sal nodig wees om soms dele in Engels te skryf as gevolg van die bronne wat ek gebruik.

Een gesegde lui: “You have the right to remain silent, but if you do, they pay the price.”

Die bekende Mahatma Gandhi het gesê: "The greatness of a nation and its moral progress can be judged by the way its animals are treated. I hold that the more helpless a creature, the more entitled it is to the protection by man from the cruelty of humankind."

BEWAKERS - NIE EIENAARS

Die aarde en alles wat daarop is behoort nie aan die mens nie. Die mens is slegs deel daarvan. Die mens is egter die een wat alles kan versteur of alles kan beskerm en die aarde tot 'n mate balanseer.

Een ding moet ons besef: Ons kan arrogant en selfsugtig wees, maar kort-kort slaan die aarde terug.

Met vulkaniese uitbarstings, ­aardbewings, tsunami's, modderstortings en vloede, om die mens te herinner dat die mens nie onkwesbaar is nie en net 'n deel van die natuur is.

As die natuur ons in die bek ruk, is die mens geskok en ontsteld, maar wanneer die mense wreedaardig en selfsugtig diere seer maak of dood maak, is dit maar net deel van die lewe van 'n dier, volgens die mens.

Van ons Namibiërs wat al in Upington was, weet daar is 'n standbeeld van 'n donkie as waardering vir die aandeel van die donkie in doerie tyd se boerderye. En ook in Pietersburg (Polokwane) vir die donkie se bydra tot die mynwese.

Ons donkies was nog altyd daar as hulp vir die mens om te help met die werk wat gedoen word, al kry donkies hoe swaar onder hulle vrag, want mense dink nie daaraan dat 'n donkie net soveel kan dra nie.

Dus het donkies in ons land 'n ander plek in ons lewens en ons harte as die arme donkies in China. Ons weet donkies is van nature vriendelik, liefdevol en ver van dom. Daarom is hulle ook troeterdiere vir sommige mense – kyk maar op die Internet.

Wat tragies is, is dat 'n nasie wat soveel kuns in hulle het, so verskriklik wreed kan wees. Belangrik - ek skeer beslis nie alle Chinese oor dieselfde kam nie.

Hoekom het hulle nog nooit besef hoe wreed hulle teenoor diere is nie, en hoekom duur gebruike van so lank gelede, toe mense min insig gehad, voort?

Hoe is dit moontlik dat 'n nasie in een opsig briljant kan wees, maar in 'n ander opsig nie wil verander nie?



TALLE ALTERNATIEWE

Miskien moet ons die Chinese inlig dat daar al baie lankal alternatiewe medisyne is vir daardie spesifieke “kwale” waarvoor hulle die gelatine uit die donkievelle gebruik, dan hoef hulle nie meer donkies te kom aas uit Afrika nie en sal ons en ons donkies uitlos.

Hierdie "ejiao" is oeroue medisyne en sedertdien het die wêreld vorentoe beweeg. Duisende jare gelede was dit moeilik om 'n boodskap by iemand te kry wat ver weg gewoon het, maar vandag gebruik 'n mens sommer net jou selfoon. Net so is die gelatine uit donkievelle as medisyne vir sekere “kwale” al lankal “outdated”. Dit kan met beter medisyne vervang word of ander bestanddele kan gebruik word. Dit sal hulle donkieprobleme in hulle eie land ook oplos.

The Guardian skryf: "Many things associated with Chinese medicine usually have alternatives. With donkey hide, for example you could use other animal forms of gelatine such as from beef, pork or chicken. For vegetarians, seaweed could be used.”

Donkies het al die sintuie wat ons as mense het. Hulle lyk net nie soos ons nie, hulle praat nie soos ons nie, beweeg nie soos ons nie, maar hulle voel pyn, angs, vreugde en hartseer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!