'n Betoog teen die Outjo-slagpale (Deel 2)
POITOU SKRYF:
Elke keer as jy ’n donkie slaan, kry die donkie seer. Hoe kan jy in daardie donker oë kyk van die weerlose donkie en nog steeds slaan asof daardie dier van blik of iets gemaak is?
Hoe kan sy vleis beter smaak as jy hom brutaal en wreed doodmaak? Hoe kan ’n gemartelde dier se vel daardie ou klein bietjie gelatine wat hulle uit een vel haal, beter maak?
Hoekom dink jy tjank ’n hond as jy hom skop of slaan (siek) – omdat hy seerkry – net soos jy sou seerkry as jy so geskop word. Diere is nie “goed” nie, hulle is lewende wesens, dit is wat Gandhi vir ons probeer sê.
Die Chinese in Namibië is gaste in ons land. As gaste moet hulle besef dat hulle nie ons gasvryheid en geduld moet uitbuit deur optrede teen ons mense en diere nie.
Hoeveel keer maak ons die koerante oop net om negatiewe berigte oor sommige van die Chinese in ons land te lees. Daardeur maak hul hulself onbemind. Soveel so dat mense dink hulle is almal booswigte en skelms.
Dis vir ons (en hopelik ons regering) om te sê: “Dankie, maar nee dankie, julle gaan nie ons donkies vat nie.”
Alles in Quivertree Consulting se dokumentasie oor die beplande dubbeldoelslagpale vir bees en donkies op Outjo lyk baie professioneel, maar ons weet ook wat agter geslote deure kan aangaan en hoe mense omgekoop kan en gaan word.
In Namibië is nie 'n noemenswaardige, plaaslike mark vir donkievleis nie.
’n Mens kan nie jou siel en jou toekoms en jou land en jou diere verkoop weens die gierigheid en selfsug van andere nie. Alle dade het gevolge. Dis beter om iets te verhoed as om dit daarna te probeer regmaak as dit verkeerd geloop het.
Namibiërs het al in Februarie gereageer met 'n “nee”. Maak die donkie dood en jy het een keer se inkomste uit die arme donkie.
Sodra al die donkies dood is, is jou bron van inkomste op. Skep eerder inkomste uit donkiemelk, wat uiters gesond is. Ek sal self donkiemelk drink as dit algemeen beskikbaar is.
Van die melk kan ook velprodukte gemaak word. Cleopatra het glo in donkiemelk gebad om haar vel mooi te hou. Sy het nie "ejiao" gebruik vir haar plooie nie.
In Italië word donkiekaas gemaak.
Sulke bedrywe kan vir Namibiërs oor 'n lang termyn werk verskaf en ’n beter toekoms bied. Ons maak nie die dier dood nie, maar hy skep vir ons ’n lewe en inkomste.
In Australië word donkies gebruik om vee teen ondiere te beskerm. Dit is verstommend hoe so ’n wagdonkie ’n jakkals sal doodmaak om sy veetrop te beskerm.
Namibiese leiers moenie alles goedsmoed vir soetkoet opeet nie. Die regering (hoop ons) sien verder as net vandag en môre en sit sy voet neer sodat van ons regering gesê kan word wat die NSPCA van Botswana se regering gesê het.
Die volgende lande het reeds hul fout agtergekom: Niger, Burkina Faso, Tanzanië, andere, en nou ook Botswana.
Lees ook: “China’s demand for medicine fuels African donkey slaughter”.
By http://5minutebusinessplan.blogspot.com/2016/09/fu-hai-trading-enterprises-cc-1-page-business-plan stel Fu Hai Trading Enterprises CC hulle wil 120 donkies per dag slag. In berigte stem die getal nie ooreen nie. In die Quiver Tree-dokument is dit 70 donkies.
"Dear Chinese people, please stop living in the past and find in the changed world, the modern world, all the alternative ingredients to solve the problems you believe is solved by ejiao. Look into your hearts and see the cruelness towards defenceless animals and change that."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie