'n Bielie van 'n (blou-)bees
'n Bielie van 'n (blou-)bees

'n Bielie van 'n (blou-)bees

Belgium Blues maak hul buiging by skou
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Vanjaar word besoekers aan die 2018 Windhoek Skou vir die eerste keer voorgestel aan die Belgiese Blou-bees, of die Belgium Blue.

Die twee bulle by die skou behoort aan dr. Alfred Dippenaar, eienaar van Wagnou Boerdery naby Gobabis. Dippenaar, wat as 'n ortodontis in Klerksdorp 'n praktyk bedryf, is 'n gebore Namibiër. Hy skou vanjaar met Chianinas, ook 'n betreklike nuwe ras in Namibië.

Sigi von Lüttwitz, voorsitter van die beeskomitee, het Dippenaar gehelp om die Belgiese Blou-beeste skoumak te maak. Sy plaaswerker en touleier, Hendrik Jager, het vir die kamera op die bul gelê en selfs regop op die dier se rug gestaan om te wys hoe mak hy is.

Dié ras het sy oorsprong in België en kom in kleure van wit, bont, swart en grys (of dan blou) voor.

Altesaam 50 persent van die Belgiese kudde bestaan uit dié ras. België het toevallig net soos Namibië 'n nasionale kudde van 2,6 miljoen beeste.

Die ras is bekend vir sy dubbelbespiering. Belgiese Bloou-beeste het 'n geen wat die produksie van miostatien onderdruk. Miostatien beperk spiergroei op 'n sekere ouderdom.

Hulle hanteer maklik, maar loop en kalf moeilik. Met suiwer teling word feitlik alle kalwers met behulp van 'n keisersnee gebore, vertel Sigi.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!