u2018n Blaadjie uit boere se boek
u2018n Blaadjie uit boere se boek

‘n Blaadjie uit boere se boek

Dani Booysen
Die Landbouwerkgewersvereniging (LWV) se voortgesette verbintenis om die diensvoorwaardes van plaaswerkers te verbeter, is ‘n voorbeeld wat werkgewers in sekere bedrywe kan nadoen.

Die nuwe driejaarplan van die vereniging sal fokus op opleiding, goeie arbeidsverhoudinge, beter behuising en voorsiening ná aftrede (deur middel van byvoorbeeld spaarplanne en pensioenvoordele).

Hiermee gee die LWV uitdrukking aan ‘n versoek tydens Namibië se tweede nasionale grondberaad.

Plaaswerkers se minimumloon is met die jare stelselmatig verbeter. Proviand en behuising maak steeds ‘n belangrike deel van vergoeding uit.

Die fokus moet met reg na voordele oor die langer termyn verskuif. Gemiddeld is plaaswerkershuise reeds N$143 000 werd, maar standaarde kan waarskynlik verbeter. Baie belangrik is ‘n tuiste ná aftrede.

Die bekentenis deur ‘n onteiende Zimbabwiese boer, mnr. Craig Deall, tydens die LWV se konferensie dat hy sy werkers nie menslik behandel het nie, is ‘n belangrike vingerwysing. Deall het gewaarsku teen die ooraanwending van die stok van straf.

Elke werkgewer behoort hom- of haarself af te vra in hoe ‘n mate vrees as werktuig ingespan word. Hierdie spreekwoordelike rottang uit vergange dae is gevaarlik, onaanvaarbaar en teenproduktief en moet nie met redelike en sinvolle standaarde en dissipline verwar word nie.

Aantrekliker werkgeleenthede bevorder mededingendheid, soos die LWV insien.

Gelukkige werkers lewer beter diens – tot voordeel van hulself, die werkgewer en die ekonomie.

So sê ander

12 Junie 2019

Volksblad sê

In die weke ná die verkiesing is daar aan die plaaslike en provinsiale front in die Vrystaat en Noord-Kaap rede tot kommer én rede tot hoop.

In die Noord-Kaap laat premier Zamani Saul met sy benadering hoop opvlam. Die hopelike uitvoering van inhuldigingsbeloftes met die fokus op besparing, goeie regering en dienslewering is ’n vars bries.

Vir Noord-Kapenaars is Saul se beloftes en ingestelde besuinigingsmaatreëls bemoedigend: ’n kleiner uitvoerende raad, geen bloulig-kavalkades vir politici nie, ambulanse pleks van luukse motors vir LUR’e, en die verkoop van die premierswoning en nie-strategiese bates vir onder meer beurse vir arm studente . . .

In die Vrystaat, waar die uitvoerende raad nié verklein is nie, waai die winde van verandering ongelukkig nie.

Terwyl die eerste 23 van 63 beloofde ambulanse in die Noord-Kaap gekoop en Saul sy intrek in die Kimberley-hospitaal geneem het om beter dienslewering te bewerkstellig, is die Vrystaat getref deur ’n hospitaalskandaal en (nog) ’n water- en begrotingskrisis in die wankelende Mangaung-metro.

Ntombela, Mlamleli en politici en swak Vrystaatse amptenare moet by Saul en die Noord-Kaap afkyk. Albei provinsies se mense wil besuiniging en goeie dienslewering sien. Hulle is geregtig daarop.

• VOLKSBLAD/NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!