‘n Blaadjie uit die lewe se boek
Dani Booysen – Dit was om 5 voor 11 op Dinsdagaand 4 Augustus toe ek die tyding kry.
Soos ‘n byl uit die nag. Of so het Gert Vlok Nel dit jare gelede in een van sy gedigte gekonstrueer.
‘n Jarelange kennis, later ‘n vriend, was nie meer met ons nie. Ook ‘n vriend, leser, ondersteuner, bron en briefskrywer van Republikein.
Johannes Lodewikus Schutte (ek het nooit geweet wat sy doopname is nie) se seuns het my laat weet hy het op 31 Julie, 7 dae ná sy 68ste jaar, sy laaste vrag en laste op dese aarde afgelaai. Vir die reis na waar daar ewige vrede en rus op die mensesiel wag.
Aanvanklik wou ek die skrywe se titel “’n Blaadjie uit Johan se boek” maak. Maar moes dadelik die eienaam uit die kopnota skrap. Daarvoor sou die immer nederige Johan nooit gestaan het nie.
Nie lank voor dit nie, het hy my een slag weer uit die bloute opgelui. Gespot oor die duur inspuitings wat hy kry. En ons het dalk weer gepraat oor die skorsing van hoëkoppe oor beweerde BTW-bedrog, waaroor finansies steeds weier om ‘n sprak te sprook.
Vir Johan en sy vrou Pennie het ek omtrent 25 jaar gelede die eerste keer ontmoet. By oueraande, toe ek vir van sy seuns Afrikaans by Academia gegee het.
Chris, Hansie en Andre. Vandag drie jongmanne uit een stuk. “Versorgers”, soos hul pa.
As groentjie-verslaggewer het ons paaie weer gekruis. Toe Johan bestuurder by die Kommunikasiekommissie was.
En ná aftrede, wanneer hy kleinadvertensies kom uitneem het en vir ‘n vlugtige bladskud en geselsie ingestap het.
Dankie, julle. Dat ek daar kon wees. Soos laasjaar. Toe julle jul broer Danie moes groet.
Eers tóé het ek die voorreg gehad om Johan meer intiem te leer ken.
By die skrywe hiervan sit ek weer deur jul pa, man, skoonpa en oupa se herinneringsboekie en blaai.
En moet – weens wat hy ook vir my beteken het – uit sy laaste, wyse woorde aanhaal:
“Daar is baie waarvoor ek om verskoning moet vra, maar ek het gebid vir vergifnis.
Leef julle lewens voluit, wees onophoudelik lief vir mekaar, elke oomblik en elke dag.
“Onthou my wel,” het Johan geskryf, “maar later aan. Laat my staan . . . Sodat ek my weg kan gaan.”
Na daar waar hy digby Danie rus.
Met die lang stap uit die kerkhof, soos in die dae sedertdien, was daar baie tyd vir herdenking. En oordenking.
‘n Oomblik het ek ook by my pa, Hermanus Benjamin, se kopsteen gaan stilstaan. Met hom gepraat. ‘n Doringtakkie vir hom neergelê.
Hy het 15 jaar minder as Johan gehad. En ek was 22; só jonk dat ek nie toe alles volledig begryp het nie.
In die tyd aan my geleen, was drie manne vir my soos vaders op hierdie pad. Johan was een.
Kom ons neem, in hierdie dae waarin nog meer as gewoonlik vir laas gegroet moet word, ‘n blaadjie uit ‘n lewensboek van werklike empatie en omgee.
Dankie, Johan. Jou sein leef voort. Hy is nie uitgedoof.
Julle is ons. En ons is julle.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie