u2019n Blou Maandag dra u2019n purper kleed
u2019n Blou Maandag dra u2019n purper kleed

’n Blou Maandag dra ’n purper kleed

Des Erasmus
Des Erasmus - Die enigste Engelssprekende in die straat praat van “Bloody Monday”. Dis dieselfde ou wat praat van “Christmas comes but once a year, but when it comes, o dear, o dear!” ’n Liedjieskrywer sing van “Monday, Monday”. Ons boere noem dit ’n blou Maandag.

Die afgelope Maandag was nie net blou nie, dit was sommer so ’n pimpele pers. Nie dat daar nie al die vorige Vrydag ’n voorbode was nie. Daar loer die aanstaltes van ou bloues toe al oor die kim met die warmwaterstel wat eers so ’n lang s-j-o-r-r! maak. Toe is dit net water. Dit stroom oor die kookboeke wat vir die lekkerlees daar langs die ketel op ’n badwand lê. Baai-baai potjiekos! Die potplant wat so welig met al die reuke en geure groei, val plat in die bad en die vloerteëls vorm ’n poel waarop byna geroei kan word.

Gepantoffel word uitgestorm om die stopkraan byna tot brekens toe toe te draai. Daai tyd was die noodoproep op die huistelefoon al deur: “Carlos! Carlos kom gou!”

Maar ons ou wagter oor die “water works” sê hy''s op Walvisbaai. Per grasie die spietkops sal hy binne ’n uur daar wees. So amper in die toon van “hou daar, ek is nou daar!”

Voor die uur om is, is die ou met sy tange en skroewedraaiers daar. Man van min woorde. “Erement,” sê hy. En daar gaat hy. ’n Rukkie later is hy terug. Die winkelman het nie, maar in sy werkplek het hy “spares” gekry. Voorlopig sal dit hou. Sit dit in en daar gaan ons die naweek tegemoet. Berusting is dat dit om die een of ander rede altyd so gaan net voor die naweek waarin kuiermense kom.

Daardie “voorlopig hou” was net tot die Maandagoggend. Toe maak die warmwatertoestel weer s-j-o-r-r!. Dis net water waar jy kyk. Die ewige optimis in my sê vir my hier kom ’n einde aan al die voorspooksels van ’n waterkrisis op die kusdorpe. Die ander huismense meen ek is ydel en deel nie in die grappie nie. Weer “Carlos!” Nou sê hy weer “erement” en sit ’n blinknuwe in. Binne ’n oogwink sjor die water weer. Nou sê hy “telmostaat” en weg is hy. Hy gaan koop op skuld en ons jaag vuil-vuil straatbankie toe vir harde kontant. Ongelukkig is die bankmasjien se pens ná die naweek leeg. In die tog gee die kar ’n bekende sein van die tenk is leeg.

Doer in die middedorp wag ’n onbemande kantoor met noodoproepe wat op ons reën, maar almal moet maar ’n bietjie wag. Dis nou tuis ’n boerebad soos wat ’n groottante Tess altyd van vertel het. ’n Primusstofie onder ’n skotteltjie water, ’n groter skottel vir die water en dan so ’n staan-staan bad. Tess het altyd vertel dis van haar kop en skouers af tot “as far as possible”. Dan weer van haar voete af op “as far as possible.”

Haar man, oom Piet, was ’n luimige kêrel. Toe gooi hy sy vragie in: “En wat dan van possible?” Die daaropvolgende stilstuipe tussen die twee het ’n week en drie dae geduur.

Intussen het die suidwestewindjie sterker gestoot en soek dit ’n blaaiplek deur die deurweekte boeke wat buite in ’n sonkol uitgepak was om droog te word. Dit rol die bladsye in sulke bolletjies op met plek-plek nog die naam van die goeie gewer wat uitgemaak kan word.

Bydraend tot die sorge is ’n lampetbeker wat as ’n erfstuk ’n stamp in die geharwar gekry het. Daar sit nou ’n blerts waar die erd afgesprng het.

Uiteindelik was daar ’n einde aan die strome in die dorsland. Al wat oorgebly het, was die betroubare huishulp wat ’n paar dae menslikheidsverlof gevra het ná die skrik der skrikke wat sy opgedoen het.

Op ons huismense wag die skrik nog tot die dag wanneer die waterrekening kom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!