'n Dag in die lewe van 'n grimeerkunstenaar
Elvira Hattingh – Kan spesiale effekte grimeerkunstenaars ? bestaan in Namibië maak en hoe lyk ? dag in hul lewe?
Hoe skep hulle ? wond en hoe verander hulle jou in onderskeie karikature? Kollig het vandeesweek met Marelie van der Westhuizen van Pout it Out Makeup Artistry gesels, wat ook ? kompetisie aanbied waartydens ? gelukkige vrou ? oormaaksessie kan wen.
Altyd geïnteresseerd in kuns
Marelie was altyd in kuns en veral in modeontwerp geïnteresseerd, maar sy wou nie die rokke ook moes maak nie.
“Ek wou dit net ontwerp. Ek het toe besluit dit gaan nie vir my werk nie, maar het nie onmiddellik iets anders gehad waarin ek geïnteresseerd was nie. Ek hou daarvan om met my hande te werk.
“Toe het ek eendag ? pamflet oor spesiale effekte grimeerkuns gekry en besluit dit is wat ek wil doen. Daar is nie veel werk vir spesiale effekte grimeerkunstenaars in Windhoek nie, maar ek het besluit ek wil dit doen en ek het daarby gehou.”
Marelie het by die Prestige Academy in die Kaap gaan studeer. Hulle het hul driejaarkursus in grimeerkuns toe as ? jaarkursus aangebied. Ná haar kwalifikasie het sy omtrent vir sewe maande lank werk in Windhoek gesoek.
“Die probleem is, ek is nie ? skoonheidsdeskundige nie en kan dus nie in iemand se salon instap om dié werk te doen nie. Ek is soort van oor- en ondergekwalifiseerd. Ek doen die skoonheidsgrimering, maar nie al die ander dinge wat met die werk van ? skoonheidsdeskundige gepaard gaan nie.
“Daar is niemand in Namibië wat ? grimeerkunstenaar amptelik aanstel nie. Jy werk hier vir ? rolprent en daar vir ? advertensie,” sê Marelie.
Sy het toe vryskutwerk begin doen en na mense se huise gegaan, of hulle na haar huis laat kom om hulle te grimeer.
“Dit het ‘n bietjie onprofessioneel gevoel, want ek het ? Husky. Sy wil die heeltyd by my wees en my nie alleen saam met ? vreemdeling los nie. Boonop was daar nie altyd genoeg spieëls nie en by my huis moes ek sorg dat die blare bymekaar gevee is en alles altyd aan die kant is. Vriende kon ook nie meer net by my huis opdaag nie.
“Ek het van die begin af gesê as ek nie werk kry nie, moet ek werk maak. Ek was seker braaf om dit te sê,” sê Marelie.
Máák werk
Haar pa het haar gehelp om ? ateljee te kry.
Haar kantoor was eers deel van ? klein kwekery. Sy het toe ? gedeelte daarvan vir haarself afgeskort en mure gebou.
“Ek wou graag eers vir iemand werk en ervaring opbou, maar dit het toe nie so uitgewerk nie. Dis goed dat mens nie in die toekoms kan insien nie.
“Ek het sonder ervaring en pas klaar studeer in die werk ingestap. Dis ? ander ding om so te leer. As jy ? fout maak terwyl jy studeer, is dit 'oraait'. Jy kon van voor af begin, maar as jy byvoorbeeld op ? bruid werk, is dit ? ander storie. Sy moet ? sekere tyd klaar wees en daar is nie terugdraaikans nie,” sê Marelie.
Tans is die ateljee nou in sy tweede bestaansjaar. “Dis 'scary', maar 'amazing'. Naweke is my besigste tyd. As dit nie troues en bruide is nie, is dit kinderpartytjies.”
Marelie doen ook bruid- en matriekafskeidgrimering. Vir kinderpartytjies skep sy enige karakter wat kinders wil hê – Spider Man is een van die gewildste versoeke.
Sy bied ook grimeerkursusse aan. “Baie mense weet nie hoe om te grimeer nie. Grimeertendense verander dikwels en vroue wil dalk moderne grimeertegnieke aanleer."
Volgens haar is die mees algemene grimeerfout wat veral ouer vrouens maak, om potlood te gebruik om hul oë te omlyn.
“Die harde lyne van ? potlood laat jou harder en ouer lyk. Jy kan met die regte kwas en oogskadupoeier ? baie beter effek hê, wat jou sagter laat vertoon.”
Is daar genoeg werk vir haar as spesiale effekte kunstenaar in Windhoek?
“Nee, daar is nie genoeg werk nie, glad nie, maar omdat ek so groot verskeidenheid werk doen – van skoonheidsgrimering tot spesiale effekte grimering - doen ek in die stadium nie te sleg nie.
“Ek het nie elke dag van die week werk nie, maar dit gee my kans om op ander goed op te vang en byvoorbeeld die 'True self revealed'-projek te reël.
Marelie sê daar is voordele en nadele daaraan verbonde om nie elke dag baie werk te hê om te doen nie en dat dit tog goed sou wees as daar meer werk vir haar was.
“? Fliek hou jou byvoorbeeld so ? maand tot twee maande lank besig. Dan is jy baie besig en daarna het jy weer baie min om te doen. Dit is ? skok vir die stelsel.”
Werk vir rolprente
Marelie het vanjaar nog nie weer in rolprente gewerk nie, maar was verlede jaar deel van die Just Drive-span.
Dié rolprent het die Guinness Wêreldrekord verbeter vir die rolprent wat die vinnigste gemaak is. Daarna het sy ook grimering vir die plaaslike rolprent Katutura gedoen en daarna in Page Ten Productions se rillerprent Promethean.
“Promethean is ? kortfliek en is in ‘n garage geskiet. Een akteur het ? wond in sy nek gehad, waarvoor ek ? pypie deur sy broek moes laat hardloop sodat die wond kon bloei.
“Die spuit met die bloed se punt wou egter nie in die pypie inpas nie en ek moes dit toe teen die pypie vasdruk,’ vertel Marelie.
“Ek en die regisseur moes sit en die spuit vasdruk. Ons het net een kans gehad, want die wond ‘breek’ as die bloed spuit. Dit was ? storie en ek was daardie aand van kop tot tone vol bloed. My hande was vir ? week lank gevlek.”
Dis nie regte bloed nie, maar sintetiese bloed, sê sy. “Dit proe soet, alhoewel jy nie te veel daarvan moet inkry nie omdat dit jou maag kan laat werk.
“Ek spot altyd en sê vir die kinders ek het ? varkie by die huis wat ek soms so bietjie laat uitbloei,” sê sy. Sy wys ook ? “oog” wat sy van afvalmateriaal gemaak het en soms in haar grimeerprojekte gebruik.
Van die bekendste plaaslike mense wat Marelie al vir rolprente moes grimeer, sluit in Odile Muller (Mej. Namibië 2010) in Katutura, Chops Tshoopara (tans ? omroeper by Radio Wave) en Jericho (? Namibiese kletsrymer).
Materiaal
Marelie sê vir spesiale effekte grimering maak sy van waks en lateks gebruik.
“Ek besluit wat ek gebruik, afhangende van watter effek ek wil hê en of dit vir die televisie is of nie. Die kleur van wonde en dies meer word met ? tipe roomverf gedoen.
“Vir wonde werk ek byvoorbeeld met ? ‘kneuswiel’, wat die hoofkleure rooi, geel, swart en blou bevat waarmee jy ? wond moet skep. Dit is egter die bloed wat die belangrikste is en wat ? wond ‘werklik’ laat lyk. Vloeistof gee aan ? wond ? driedimensionele effek.”
Grimeerkunstenaars gebruik ook “bloed” wat voorkom asof dit reeds gestol het. Dit is ? plakkerige rooisel wat gebruik kan word om ? wond “ouer” te laat lyk.
“Die sintetiese bloed was maklik uit jou kleure, maar dit maak jou baie vuil,” sê Marelie. “Sommige dae is dit lekker om vuil te wees, ander dae wil ek nie meer vuil wees nie.”
Marelie bestel haar materiaal uit Suid-Afrika. Dit kom oorspronklik van Duitsland. Die feit dat die materiaal nie plaaslik beskikbaar is nie, beteken sy moet dikwels baie beplan voor sy bestel, veral wanneer sy groot projekte aanpak.
? Realistiese kunswerk
Marelie sê haar gunsteling ding om met spesiale effekte grimering te doen, is om vir mense horings op te sit.
“Dis ? vinnige en effektiewe ding. Ek is ook mal daaroor om byvoorbeeld wonde en snye te doen. Dis jou vinnigste transformasie. Jy spuit net ? bietjie bloed en daar gaan jy!”
Transformasies wat tipies langer neem, is om ? tipe kappie oor mense se kop te plaas sodat dit voorkom asof hulle nie hare het nie.
“Dit is baie werk en behels dat jy die persoon se hare moet terug waks. Die hare moet so glad as moontlik teen hul kop lê. Dan word ? tipe kappie, velletjie of hoedjie bo-oor die hare geplaas, wat van lateks gemaak is. Die uitdaging hiervan is dat jy dit so moet doen dat daar ook nie ? sigbare naat op die model se voorkop is nie.”
Ander transformasies wat lank neem, is om iemand se hele liggaam te verf. “? Mens se vel absorbeer verf gewoonlik en dit beteken dat jy oor en oor moet verf. Baie mense kan dikwels ook nie so lank stilsit nie,” sê Marelie.
Hoe realisties lyk spesiale effekte grimering en sal jy iemand op straat om die bos kan lei? Is dit so dat hulle baie van dié dinge in rolprente manipuleer om werklik te lyk?
“Ek het eenmaal ? wond op my hand gemaak en ingedagte winkel toe gegaan. Mense het my aangestaar. Ek dog eers daar is iets fout met my hare, toe ek besef die mense verstaan nie hoe ek so met ? oop wond kan rondloop nie.
“Hoe realisties iets lyk, het te doen met fyner tegnieke. Ek kry dae wat my snye baie realisties lyk, maar ook dae wat dit voel of ek dit net nie heeltemal regkry nie.
“In flieks manipuleer hulle wel die beeld om byvoorbeeld snye meer realisties te laat lyk. As iemand byvoorbeeld ? sny het en daar is ? stuk waks wat uitsteek, haal hulle dit uit.
“Hulle ‘kroek’ half in die bedryf. Jy kan deesdae bloed met ? rekenaar insit en verskeie ander dinge ook met ? rekenaar doen,” sê Marelie.
Marelie maak ook maskers.
Om vir iemand ? spesifieke masker te bou, beteken sy moet ? afdruk van die spesifieke persoon se gesig neem. Alle maskers pas nie op almal se gesigte nie.
“Ek bou die maskers met klei of papiermaché. In ons klimaat is dit soms uitdagend, want die materiaal se interaksie met die klimaat kan veroorsaak dat die masker soms verander nadat ek reeds die afdruk van ? gesig geneem het.
“Ek kan die maskers verkoop sodat mense dit kan dra, maar die ideaal is om die masker te raam en teen ? muur te hang. ? Mens kan byvoorbeeld dan liggies agter die oë in die masker plaas.”
Marelie sê sy kan ook maskers vir byvoorbeeld ? maskerbal maak en maak ook soms afdrukke van swanger vroue. Sy beplan om ook ? afdruk van ? man se gespierde maag te maak.
Toekomsdrome
Marelie hoop om binne vyf tot tien jaar ? groter ateljee te hê.
Sy sal nie weggaan uit Windhoek nie.
“Ek is gelukkig hier, dit voel soos huis,” sê sy.
Sy sal ook graag die skoonheidsgrimering en spesiale effekte grimering by aparte toonbanke of in aparte vertrekke wil doen.
“Ek voel as iemand vir skoonheidsgrimering inkom, wil hulle nie noodwendig tussen die grimering vir spesiale effekte sit nie. Dan pak ek als weg en moet ek dit later weer uitpak. Dis frustrerend.
“Ek wil ook nog altyd by die kankervereniging se vroueafdeling betrokke geraak het. Miskien kan ek hulle in die toekoms grimeer. Dit sal ? droom bewaarheid wees.”
Maak ? nuwe begin
Die 'True self revealed'-kompetisie, wat Marelie reël en wat amptelik op 1 September bekend gestel sal word, is gemik op vroue wat trauma in hul lewens ervaar het en as gevolg daarvan hul voorkoms afgeskeep het, maar tog weer goed wil lyk.
Vir die kompetisie kan vroue inskryf, hul lewensverhaal deel en dan sal een vrou gehelp word op ? nuwe begin te maak.
Die doel van die projek is om ? algehele, feëverhaaltransformasie vir ? vrou te bied wat dit nodig het. Eerste, tweede en derde pryse sal toegeken word en die wenners sal onder meer ? grimeersessie ontvang, vier sessies van lewensafrigting, ? wegbreek van twee aande vir twee mense na ? gasteplek, gehelp word om gesonder te eet, te oefen en gewig te verloor waar nodig. ? Onthullingsaand sal vir die wenner gehou word.
Vir meer inligting, kan belangstellendes Marelie kontak ([email protected] of 081 299 0020).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie