'n Derde sit op straat

Namibië se algehele werkloos­heidsyfer verlede jaar was 33,4%.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy



Meer as 364 000 mense in die Namibiese arbeidsmag was verlede jaar werkloos, die meeste van hulle jongmense tussen 20 en 24 jaar.

Die jongste arbeidsopname wat gister deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is, toon die land se algehele werkloosheidskoers in 2018 was 33,4% - ietwat minder as die 34% van die laaste opname wat in 2016 gedoen is. In 2014 was die koers 27,9%.

Volgens die NSA kan die effe laer werkloosheidsyfer midde die ­resessie toegeskryf word aan mense wat afgelê is, wat weer in diens geneem is of wat vir hulself werk.

Syfergewys is meer mense in die ­arbeidsmag egter op straat.

Verlede jaar was 364 411 mense sonder werk, 15 028 of 4,3% meer as in 2016.

Volgens die jongste data is 34,3% van vroue werkloos. Die koers vir mans is 32,5%.

In stedelike gebiede is 107 691 vroue werkloos en op die platteland 82 816. Altesaam 100 552 mans in stedelike gebiede het nie werk nie, terwyl 73 352 op die platteland gestrand is.

Kavango-Oos en Kunene het die hoogste werkloosheidsyfer – 48,2% en 41,6% onderskeidelik. Met 24% het Omusati die laagste koers.

In Khomas is 31,5% van mense werkloos.



JEUG

Altesaam 265 770 jeugdiges van 15 tot 24 jaar was verlede jaar sonder werk – 19 508 meer as in 2016.

Hiervan was 140 564 vroue, 79 992 in stedelike gebiede. Die werkloosheidskoers vir die jeug verlede jaar was 461,1%. In totaal het 305 981 jongmense nóg gewerk nóg opleiding ontvang. Die meeste van hulle – 47,5% - was in die Omahekestreek. Khomas se syfer is 34,4%.

Sowat 37,5% van jeugdiges wat nóg werk nóg opleiding ontvang, het net laerskool voltooi en 33,3% hoërskool. Altesaam 18,3% van jongmense wat 'n graad of 'n diploma het, kon nie werk kry nie.


REGSTELLING
Hierdie berig is op 1 April verander om die volgende regstelling te reflekteer:
Bykans die helfte van die jeug werkloos
Luidens die jongste amptelike arbeidsverslag van die Namibië Statistiekagentskap (NSA) is 46,1% van Namibiërs van 15 tot 34 jaar werkloos.
Republikein het Vrydag verkeerdelik berig jeugwerkloosheid is 30,3%.
Luidens die jongste verslag is 265 770 jongmense uit ‘n totale jeugarbeidsmag van 576 624 werkloos.
In 2016 was die jeugwerkloosheidsyfer 43,4%.
Republikein vra om verskoning vir die fout.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!