Nu00e1 die uitslae . . .
Nu00e1 die uitslae . . .

Ná die uitslae . . .

Dani Booysen
Met die jare het die opkoms in Namibiese verkiesings, buiten vir opwaartse knikke hier en daar, dramaties afgeneem.

Wie onthou nog 97% van stemgeregtigdes het in 1989 gestem?

Die afname het veral plaasgevind in verkiesings op vlakke benede die sentrale regering. Gemiddeld het 'n maksimum van 4 uit 10 mense in 2015 gaan stem.

Gebreke in die kiesersrol daargelaat – die Verkiesingskommissie (ECN) se voorbereidheid en doeltreffendheid sal die komende dae behoorlik getoets word – kan groter deelname deur almal 'n beter toekoms vir almal help skep.

Ongelukkig hang dit nie net van die geskiedkundige hoeveelheid opsies van vanjaar af nie. Of selfs die uitslae.

Uitmuntende mensekapitaal in alle oorde is skaars, maar nog meer: as kiesers nie verkose leiers regtig tot verantwoording gaan roep nie, help alles min. Dit geld eweveel vir die oorblywende termyne van die staatshoof en parlementslede.

'n Verkiesing is dus maar net 'n deel, hoe belangrik ook al, van die sukses van 'n opregte demokrasie.

Mag ons as Namibiërs nie net dieselfde nie, maar verkieslik 'n groter bresse vir die veelparty­demokrasie as in November 2019 slaan. Mag ons ook die uitslae aanvaar en bowenal demokrasie dag in en uit leef. Nie net wanneer dit stemtyd is, of wanneer dit ons pas nie.

Naskrif: Gelukkig was die oordruk en dubbele druk van stembriewe baie beperk. Kom ons gee (vir eers) die voordeel van die twyfel aan die ECN dat hulle deursigtig hieroor was.



So sê ander

23 November 2020



Zondo se besluit oor Zuma van uiterste belang



Die land se grondwetlike geskiedenis in wording het vir adjunkhoofregter Raymond Zondo, in sy hoedanigheid as voorsitter van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, 'n belangrike kolfbeurt toegedeel.

Oud-pres. Jacob Zuma se flagrante minagting van die oppergesag van die reg, deur op 'n onwettige manier sy hakke vir die Zondo-kommissie te wys, is maar net nog 'n episode in die eertydse ANC-liefling se ondermyning van die Grondwet.

As hy en sy trawante toegelaat kan word om sonder toestemming by 'n kommissie uit te loop, wetend dat dit in die openbare oog is, hoe sal 'n kultuur van wetteloosheid in die land ooit genees kan word? Wat vir elke burger geld, moet ook vir Zuma geld.

Daarom word Zondo se reaksie op Zuma se uitdaging met 'n vergrootglas dopgehou. Hy het geen ander keuse as om Zuma strafregtelik te laat vervolg nie.

Die regsbetoog namens Zuma voor die kommissie wat ontken dat daar iets soos staatskaping bestaan, bewys sy mentaliteit dat staatsgeld die persoonlike plesierpot van politici is.

Die ANC se volgehoue omarming van Zuma as 'n lid en stilswye oor sy optrede is betekenisvol.

Zuma se stigting het namens hom uitdagend verklaar dat hy tronkstraf sal verkies bo om deur die kommissie “geboelie” te word. Gee hom dan gerus wat hy vra.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!