'n Dokter se mening
'n Dokter se mening

'n Dokter se mening

Mandy Rittmann
DR. PHILIP DE VILLIERS SKRYF:

Eerstens wil ek begin deur te erken Covid-19 is ’n swaar, gevaarlike virusgriep. Ek wil nie misleidend daaroor wees nie.

Hoekom word daar nie onderhoude gevoer met ouer, senior algemene praktisyns met meer as 40 jaar se ondervinding in die algemene praktyk nie, wat werk met alle siektes, veral ook op die voetsoolvlak?

Vandag se spesialiste het nie algemene praktykondervinding soos vroeër jare toe vyf jaar algemene praktyk nodig was voor jy ingeneem is vir spesialisasie nie. Ek wil ook noem dat om in 'n ongevalle-afdeling te werk nie ondervinding is van die gemeenskap soos deur hul huisdokters nie.

Genetiese siektes en sindrome ontstaan wanneer genetiese abnormaliteite ontstaan as gevolg van mutasie/verandering of adissionele chromosome ontstaan. Die effek van genetiese abnormaliteite was vroeër jare baie onvoorspelbaar, maar deesdae met modern tegnieke goed bekend.

Daar is ’n klompie bekende genetiese siektes, maar ek noem vyf algemene genetiese siektes wat wêreldwyd baie probleme skep en groot verplegings- en behandelingskostes skep, om nie te praat van die emosionele aftakeling van die families betrokke nie:

• Down Sindroom/mongolisme: so 1 uit 700 babas gebore.

• Thalassemie, ’n oorerflike sindroom wat groot probleme skep vir die liggaam se vermoë om sy bloedyster te handhaaf.

• Tay Sachs siekte wat 1 uit elke 27 kinders van Joodse afkoms kan aantas en 1 uit 250 van ander nasies. In die ergste gevalle oorleef kinders nie die ouderdom van vyf jaar nie weens die vernietiging van die sunuweestelsel.

• Sekelsel-anemie waar die rooiselvorm abnormaal is en gedurig deur die liggaam vernietig word, wat lei tot voortdurende bloedoortappings, vernietiging van organe en terselfdetyd baie pyn. Daar is ongeveer 100 000 gevalle in Amerika en 1 uit elke 365 Amerikaners van Afrika-afkoms word daarmee gebore.

• Sistiese fibrose, ook oorerflik, bekend in Namibië. Daar is so 30 000 gevalle in Amerika. Die persoon produseer abnormale dik taai slyme en in die meeste gevalle is chroniese verpleging en duur medikasie nodig. Die meeste mense sterf hieraan.

Onthou: daar is nie genesing van genetiese siektes nie, omdat dit in die pasiënt se DNS vasgelê is.

Dit bring my by die noodvaksines wat vervaardig word en die tegniek wat gebruik word om boodskapper m RNA toe te dien wat dan die ontvanger se DNS kan verander of herskryf. Die moontlikheid bestaan dat oorerflike, genetiese siektes so geskep kan word, ook outo-immuunsiektes soos rumatoiede arthritis, lupus en veelvuldige sklerose.

Hierdie vaksines is nie getoets vir langtermyn effekte nie en daar rus geen verantwoordelikheid op die vervaardigers soos met medisyne nie.

Die volgende probleem is die vaksines is alleenlik stabiel by -94 grade Celsius. Die meeste goeie vrieskaste loop by –20 grade. Verbeel jou die logistiek uitdagings vir Afrika.

My persoonlike opinie is dat die vaksines aan bejaardes en persone met meegaande risiko-siektes gegee word. Hou dit weg van ander mense.

Die mensdom kan homself uitwis as miljoene oorerflike, genetiese siektes geskep word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!