u2019n Doodloopstraat
u2019n Doodloopstraat

’n Doodloopstraat

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF: Ek het ’n geweldige probleem met die leierskap van ons kerk, die Kerkraad en die Kringraad.

Eerstens: Die Tanidare Parogie se saak. Daar is ontevrede lidmate wat briewe na die Kring-leiding geskryf het, daarvan het daar niks gekom nie. Klagtes en griewe en die hantering van die ouderlinge-verkiesing is na die Kring-leiding gebring. Alles loop elke keer op ’n doodloopstraat uit. Mense is ontevrede en sit hulpeloos en daar word aangegaan asof alles normaal is. Is dit reg so? Waarheen moet ons met ons klagtes gaan as dit altyd net so is?

Tweedens: Die Efesiërs Parogie se probleme waarmee die parogie die afgelope meer as drie jaar worstel en sukkel word ook nie opgelos nie. Hoekom kan die ou parogie-raadslede wat die meeste klagtes veroorsaak het nie van die nominasielys verwyder nie? Sommige van hulle is arrogant en respekloos teenoor die Biskop en die waarnemende Deken.

Hoekom word hulle nog gepamperlang? Wat is die probleem dat daar nie teen hulle opgetree kan word nie? Hulle het ’n erediens ontwrig en nog ander dinge gedoen en gesê wat verkeerd is, maar hulle wil nog kans gegee word. Roep ’n parogie-vergadering bymekaar sodat die parogie besluit wie hulle wil hê.

My leierskap, sit tog eenkeer jul voet neer. U weet presies wie die “culprits” is; van hulle is ook in die parogie.

As ons die ELKRN wil red, moet daar opgetree word teen hulle wat probleme skep sonder om te kyk wie die persoon is. Ek is jammer dat ek my griewe na ’n koerant gevat het, maar ek weet dat ek nooit ’n kans sal kry om te sê wat ek wil sê nie of ek sal ge-"blackmail” word.

Tot daar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!