'n Eerste vir Namibiese skoonheidskompetisies
Die wêreld beweeg al meer na 'n virtuele ruimte en gevolglik is die 2020 Mej. Hoërskool-kompetisie aanlyn aangebied.
Justicia Shipena – Namibia Media Holdings, deur My Zone, het Dinsdagaand vir die eerste keer ’n virtuele skoonheidskompetisie in Namibië, Mej. Hoërskool 2020, aangebied.
Tydens die geleentheid is Nasheeta Maletzky as Mej. Hoërskool aangewys en sy het ’n borgskap van N$10 000 vir haar naskoolse onderrig ontvang. Sy het ook die titels as Mej. Sosiale Media en Mej. Gemeenskap ingepalm en ’n geskenkbewys van N$500 vir elke titel ontvang.
Skole soos die Otjiwarongo Sekondêre Skool, Jan Möhr Sekondêre Skool, Windhoek Hoërskool en Centaurus Hoërskool het deelgeneem.
Deelnemers het in hul aandrokke, koerantklere, asook hul gemaklike kleredrag geparadeer en ’n loopplankonderhoud vanuit die veiligheid van hul eie huise gevoer.
Met behulp van video’s, sowel as Vmix-oproepe, is ’n nuwe wêreld vir die skoonheidkompetisiebedryf ontsluit en ‘n voorbeeld gestel wat ander kan volg.
Danielle Carew was die eerste prinses en Beanca le Roux het die titels vir beide Mej. Persoonlikheid en Mej. Kreatief gewen. Hiervoor het Le Roux ook geskenkbewyse ter waarde van N$500 per titel ontvang.
Al die wenners, insluitende Faith Antonio, ’n deelnemer, het ‘n verblyfgeskenkbewys ter waarde van N$1 000 gewen wat by die 2020 Toerisme Ekspo (NTE) opgeëis kan word.
Maletzky, wat van Otjiwarongo kom, het tans ’n liefdadigheidsprojek genaamd Action Against Poverty, wat behoeftige mense in haar gemeenskap van etes voorsien.
Maletzky sê die huidige ekonomiese toestand eis sy tol van die armste mense omdat hulle werkloos gelaat word en nie langer in hul en hul families se basiese behoeftes kan voorsien nie.
Me. Natalie van Wyk, een van die organiseerders van die kompetisie, sê die reëlings was uitdagend, maar haar “droomspan” het dit reggekry om die kompetisie te maak werk.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie