u2018n Fees in die land van die vleisvreters
u2018n Fees in die land van die vleisvreters

‘n Fees in die land van die vleisvreters

Des Erasmus
Des Erasmus - Aanvanklik was dit net ‘n gedagte. Toe is dit met ander gedeel. Nou gaan die Erongostreek se winter ‘n seisoen van feeste word. Omaruru se Kunstefees, die Hentiesfees, ‘n kaas- en kontreikosfees, skoutyd op Karibib en nou ook ‘n vleisfees.

Die laatlammetjie wat bygekom het, is ‘n fees van die vlees wat op Usakos beplan word.

Usakos se vleisfees gaan op 25 en 26 Mei gehou word. ‘n Netjieser terrein langs die B2-hoofweg van die kus na die binneland en deur die dorp gaan die standplaas wees met plek vir 21 kraampies.

Sommer met die wegtrek was drie van die staanplekke reeds bespreek en aan die begin van die week was daar nog net vier beskikbaar. Laatkommers moet dus spring as hulle nog hul ding wil kom wys.

Volgens die organiseerders gaan vleis die hooftema op Usakos wees met alles wat om die Namibiërs se hoofdisse op hul borde gaan wentel. Ewe welkom gaan bykomstighede tot vleis as die hooftema wees. Maar daar is vleis en vleis van ‘n gebraaide rib oor die kole, tjops en maalvleis tot bereide vleis met tradisionele kos soos biltong, droëwors, rissiehappies, gerookte vleis en nog meer.

Toe die Vleisfees aangekondig is, het die uitgerekte droogte van die afgelope jare nog sy tande diep in die velde van Usakos gehad. Nou het goeie reëns ook oor dele van dié geweste uitgesak om vir ‘n vetlagie om die aanbod te sorg.

In die reklame vir die Vleisfees van 25 en 26 Mei word beweer dat dit nie net ‘n fees vir besoekers en deurryers gaan wees nie, maar ook vir die dorp se eie mense, want dis blykbaar ‘n plek sonder ‘n erkende slaghuis. Daarom gaan van deelnemers verwag word om op kleiner verpakkings te konsentreer van selfs so min as 1 kg.

Oor pryse word gesê dit moet billiker wees as die prys van vleis op die winkelrakke. Heelrib gaan daar wees, maar in die kleiner verpakkings kan op die tjoppies gekonsentreer word. Daar word reeds met boere geskakel wat hul vleisaanbod in verpakkings van 1 kg gaan aanbied.

In die proses is daar ook op die spoor van boere wat heel slaggoed op ver plekke soos in Windhoek lewer.

“Dis ‘n gemeenskapsprojek, nie ‘n basaar nie,” volgens ‘n inligtingstuk oor die Vleisfees.

“Winkel- en slaghuispryse is uit.”

En wild? Ná die reën is die bokke seker vet.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!