’n Fees uit die boeke

Bekende komediant en sanger vermaak gehoor
Gerine Hoff
Ian Nortje

’n Fees wat sedert sy ontstaan in 2004 elke jaar op Rosh Pinah aangebied word, het verlede naweek weer eens besoekers met ’n program propvol aktiwiteite, verskeie kraampies en ’n optrede deur ’n bekende komediant en sanger vermaak.
Die Trans Gariep sport-, skiet- en jagklub op die dorp het Vrydag namiddag die hekke vir die jaarlikse Wildsfees geopen en besoekers het van oral na die geleentheid gestroom.
Vir vermaak was daar verskeie kraampies waar feesgangers kon kies en keur: van kunswerke, lekkernye en leerwerke tot speelgoed, vleisprodukte en ander eet- en drinkgoed. Vir die waaghalsiges was daar selfs ’n stalletjie waar hulle hulself kon laat tatoeëer.
Volgens mnr. Riaan van Schalkwyk van die Trans Gariep-­klub,­ poog hulle elke jaar om groot name in die sangbedryf te kry om by die geleentheid op te tree.
"Verlede jaar was Christo en Cobus Snyman by die fees te sien, maar vanjaar het die bekende komediant en sanger Andries Vermeulen die gehoor vermaak," het hy gesê.
Ander aktiwiteite op die naweekprogram­ was ’n wildvleis­veiling en dans wat Vrydagaand plaasgevind het, en Saterdag was daar ’n fietsry- en drafuitdaging, ’n bierdrinkkompetisie en ’n tydren.
Van Schalkwyk sê die fees word as ’n geldinsamelingsprojek vir die klub gehou en sou nie moont­lik gewees het as dit nie vir die borge was nie. Dus bedank hulle Coleman’s Transport, RJ Sou­they’s, Distell, CIC, FNB Namibië, Grinaker LTA, Four Season’s Lodge, Namibia Breweries, Omsa-­BMG, KETO Pumps, Skorpion Zinc en Rosh Pinah Zinc Corp.
Die geld wat tydens die geleentheid ingesamel is, sal volgens hom gebruik word om die klub van infrastruktuur te voorsien.
"Die klub het tans 61 lede waarvan een skuts, mnr. Marius Esterhuysen, Namibië by die Veldskiet Wêreldkampioenskappe sal verteenwoordig. Ons wens hom sterkte toe," sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!