’n Gevoelige slag tref sport
Die nuwe Covid-variant het die driehoekige internasionale Castle Lite-krieketreeks en die o.16 se Afrika-tenniskampioenskap gepootjie.
Tielman van Lill
Die Eagles het Vrydag en Saterdag gemengde welslae teen Oman by Wanderers in Windhoek behaal, maar die Namibiërs sal nie gou weer die kans kry om hul merk in die driehoekige internasionale Castle Lite-reeks van agt eendagwedstryde (ODI) op tuis bodem te maak nie.
As gevolg van die nuwe Omicron-variant het die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) besluit om van vandag af sy grense vir reisigers uit Afrika te sluit. Dus is die Castle Lite-kompetisie gekanselleer. Oman asook die VAE het reeds vertrek.
Vrydag het die Eagles 228 lopies vir die verlies van agt paaltjies in hul toegelate 50 boulbeurte (bb) vir ’n 40 lopie-sege behaal. Oman kon net 188 (almal uit) in 46.5 bb met die hulp van hul kaptein, Zeeshan Maqsood (58 lopies, 90 balle, 5x4), en Sandeep Goud (50, 68 b, 3x4, 2x6) aanteken.
Vir die Eagles was JJ Smit (56, 60 b, 2x4, 4x6), Michael van Lingen (51, 48 b, 1x4, 2x6) en Craig Williams (37, 45 b, 5x4) die voorste lopiemakers. Smit het vyf paaltjies vir 26 lopies in 9 bb platgetrek en een leë beurt geboul om as speler van die wedstryd aangewys te word. Dit is die eerste keer dat hy vyf paaltjies in ’n ODI laat kantel.
Ruben Trumpelmann, Michau du Preez en Van Lingen het Vrydag hul ODI-debuut vir die Eagles gemaak.
Saterdag was die Eagles (282/9 in 50 bb) egter aan die ontvangkant toe Oman eerste gekolf het en 291/9 in 50 bb vir ’n 9 lopie-oorwinning op die telbord geplaas het.
Kashyap Prajapati (52, 74 b, 4x1, 1x6), Aqib Ilyas (43, 23 b, 4x4, 3x6) en Ayaan Khan (83, 93 b, 3x4, 2x6) het die wilgerlat ingelê terwyl Maqsood 3/45 in 8 bb geneem het.
Smit was opnuut vuur en vlam met die kolf en was ongelukkig om sy eerste ODI 100-tal met 6 lopies mis te loop. Smit (94, 72 b, 5x4, 6x6), Zane Green (47, 52 b, 5x4) en Williams (38, 48 b, 2x4) was Namibië se toplopiemakers.
Trumpelmann (5/76 in 10 bb) het sy getuigskrif met dié merkwaardige prestasie ’n hupstoot gegee. Nicol Loftie-Eaton het Saterdag in sy eerste ODI vir Namibië gespeel.
Sport in kort
Atletiek
Die gesogte Diamantliga-reeks sal volgende jaar vir die 13de keer in 14 stede en vier vastelande aangebied word.
Die 2022-kalender
13 Mei (Doha, Katar), 21 Mei, (Birmingham, London/Engeland), 28 Mei (Eugene, Oregon/VSA), 5 Junie (Rabat, Marokko), 9 Junie (Rome, Italië), 16 Junie (Oslo, Noorweë), 18 Junie (Parys, Frankryk), 30 Junie (Stockholm, Swede), 30 Julie en 6 Augustus (Sjanghai, China), 10 Augustus (Fontvieillle, Monaco), 26 Augustus (Lausanne, Switserland), 2 September (Brussel, België), 7 en 8 September Diamantligafinaal (Zürich, Switserland).
Die Wêreldkampioenskap sal van 15 tot 24 Julie in Oregon plaasvind en direk daarna die Statebondspele van 28 Julie tot 8 Augustus in Birmingham.
Tennis
Namibië se Connor van Schalkwyk (17) het Vrydag in Sousse, Tunisië, die o.18-Afrikatitel met 6-4 en 6-3 teen Yassine Dlimi van Marokko gewen. Van Schalkwyk wat tans 110de op die Internasionale Tennisfederasie se junior ranglys is, het onlangs met 27 plekke tot dié posisie geklim. Hy behoort ná sy sege Vrydag nog hoër gekeur te word.
George Louw (17) en Van Schalwyk het tot in die semifinale vir pare gevorder, maar teen Wissam Abderrahman en Mohamed Amin Oueslati van Tunisië met 6-4 en 6-2 verloor.
o.16
Sarel Janse van Rensburg, Stephan Koen, Joel Hiveluah, Juan Kuhn, Elzé Stears en George Dzinoreva (afrigter) was via Johannesburg op pad na Susse vir hul deelname aan die Afrika-kampioenskap. Die Qatar-lugdiens het egter al hul vlugte van Suid-Afrika gekanselleer. Hulle keer vandag terug na Namibië. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie