u2019n Gids vir die toekoms van Namibiese musiek
u2019n Gids vir die toekoms van Namibiese musiek

’n Gids vir die toekoms van Namibiese musiek

Yandi Du Plessis
Die Nasionale Teater (NTN) stel op 22 November die volgende spesiale aanlyn publikasie, Music Business in Namibia Reader 2021, bekend.

Dié publikasie is ’n samestelling van die perspektiewe van 20 plaaslike musikante en praktisyns in die bedryf, en bied insig oor hoe opkomende kunstenaars die land se musiekbedryf op ’n volhoubare manier kan benader.

Met die hulp van onderhoude en geskrewe afdelings bevat dit ’n oorsig van regte ervarings in en rakende die plaaslike musiekbedryf.

Die publikasie werp ook lig op die beskikbare geleenthede vir musikante en kreatiewe praktisyns in dié bedryf deur die relevante praktyke uiteen te sit en insigte te bied oor beskikbare geleenthede in die bedryf.

Die kenners wat almal bydraes gelewer het, sluit in Elemotho, Erna Chimu, Big Ben, Maria Immanuel (ML Musik), Lize Ehlers, John Walenga, Oteya, Steven /Narusen, DJ KBoz, DJ Castro, Rukee Kaakunga, Eino John Max, Gazza, Cisle Jacobs, Llewelyn Adams, Daniel Nelumbu (ibuynam), Emily Dangwa, Suzy Eises, Burton Reid en Alma Ulamba.

Die publikasie dek uiteenlopende gebiede soos kwessies oor kopiereg, handelsmerke en bemarking, die smee van sakebande, verkoopsbenaderings, digitale meganismes, welsyn, samewerking tussen kunstenaars, bestuur, entrepreneuriese benaderings en die vestiging van vennootskappe.

Dié gids is gemik op opkomende musikante en kreatiewe mense in die bedryf, en het ten doel om noodsaaklike inligting te verskaf oor volhoubare modelle en professionele ontwikkeling in die bedryf.

Music Business in Namibia Reader 2021 sal vanaf 22 November vir 24 maande gratis op die NTN se webtuiste (www.ntn.org.na) beskikbaar wees.

Vir meer inligting, kontak [email protected] of 061 374 400.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!