‘n Groot uitspraak
Dani Booysen - Hierdie week se hoërhofuitspraak in ‘n regsgeskil tussen die Sentrale Intelligensiediens en die weekblad The Patriot is ‘n belangrike vingerwysing vir die regering in geheel.
Regter Harald Geier se uitspraak sal deel word van belangrike regsgesagte wat inwoners se reg op inligting en verantwoording beskerm – ook op ander terreine.
Die aansoekers se poging om aanspreeklikheid te pypkan oor hoe belastinggeld en bates aangewend word, is ronduit verwerp. Geheimhouding is belangrik om staatsveiligheid te verseker, maar kan volgens die hof nie as breë kombers dien om alles en enigiets te versluier nie.
Ewe belangrik is die ondubbelsinnige bekragtiging van vryheid van spraak en mediavryheid as fundamentele grondwetlike beginsels. Danksy dieselfde waarborge het die kern van twyfelagtige optrede deur die Intelligensiediens reeds tydens die verhoor op die lappe gekom – kwessies wat nou nie meer in die doofpot gestop kan word nie.
‘n Kernvraagstuk – wat ook veel wyer as die saak strek – is die redes hoekom kommersiële grond aangekoop en waarvoor en ten bate van wie dit aangewend word. Dit is ‘n ope geheim dat ‘n vooruitstrewende en bekende olyfboerdery op een van die sogenaamde spioenplase nou in sy kanon is.
Buiten dat die aansoekers vir die duur koste van die saak moet pa staan, is dit nodig dat al die feite nou uitkom. En dat kierangtjies waar nodig sal braai.
Die beste vir die regering sal wees om self sake by die Intelligensiediens in die reine te bring.
So sê ander
19 Junie 2018
Die Burger en Volksblad sê
Te midde van diensleweringsprotes wat landwyd opvlam, moet die Ramaphosa-regering se ingryping by die mees disfunksionele munisipaliteite in Suid-Afrika verwelkom word.
Dis sinvol, want die situasie is benard – 31% van munisipaliteite is byna disfunksioneel en nog 31% is reeds disfunksioneel. Verder is 11 munisipaliteite landwyd onder administrasie.
Daar is egter ’n belangrike voorbehoud, en dit is die noodsaak om te erken hoe daar tot op dié punt gekom is. Erken dat die munisipale krisis in die eerste plek deur die ANC self geskep is.
Gee eenvoudig ondubbelsinnig die opdrag aan alle burgemeesters en amptenare dat geen politieke aanstellings gedoen mag word in poste waar jy tegnokrate nodig het om die werk gedoen te kry nie.
En laat dít dan alle munisipaliteite geld, en nie net waar die krisis die grootste is nie.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie