u2018n Gru00f3u00f3t week
u2018n Gru00f3u00f3t week

‘n Gróót week

Dani Booysen
Môre sal die minister van finansies sy hersiende begroting vir die huidige boekjaar ter tafel lê.

Terselfdertyd moet die regering die nasie hierdie week inlig oor moontlike veranderinge aan huidige Covid-19-regulasies, wat Woensdag verstryk.

Ontsettend baie is – soos feitlik oral in die wêreld – op die spel. In die ontwrigtende en verlammende coronagriepjaar van 2020 het begroting en beplanning belangriker as ooit geword. Regerings se werk op hierdie fronte is bepalend vir alle besighede, ander instellings, huishoudings en selfs individue se begroting en beplanning.

Verlede week het pres. Cyril Ramaphosa bykomende besonderhede van Suid-Afrika se reddingsplan uitgestippel. In beginsel sal daar verskeie raakpunte wees omdat die twee lande baie soortgelyke uitdagings ervaar. Verslapte maatreëls vir die herlewing van toerisme is byvoorbeeld ook in SA hoog op die agenda.

In Ramaphosa se woorde is ‘n “breuk” (rupture) met die verlede van wanbestuur, korrupsie en swak beplanning nodig – ‘n koersverandering wat die fondament van ‘n opregte, nuwe begin sal wees. Dít is in Namibië ewe belangrik.

Ander aspekte wat môre fyn dopgehou moet word, is hulp aan Air Namibia en ander staatsondernemings, beleggersvriendelike toegewings, werkskepping, nywerheidsontwikkeling en die hersiening van prioriteite, byvoorbeeld om werklik ‘n verskil in die oorloë teen geslagsgeweld, misdaad en dakloosheid te maak.

Deel van Swapo se verkiesingscredo is: “Ons het julle gehoor.” Dit sal ons moet sien . . .

So sê ander

18 Oktober 2020

A Britain divided by coronavirus

The political consensus about how we should live with the coronavirus has shattered comprehensively.

We will be existing alongside this lethal virus for many months to come; the need for national unity in the face of its immense social, financial and health challenges has never been greater. Yet in the last week the fissures have cracked wide open.

Covid-19 has presented the biggest governing challenge in a generation. Yet, at every turn, Boris Johnson has proved weak and incapable. Pulled in various directions by a split cabinet, he is at the helm of a government that has suffered shambolic failures in building a functioning test-and-trace system. He has failed to take decisive action and has proved unwilling to extend a financial lifeline to the areas of the country suffering most in the second wave.

It is understandable that people wish it were different. But not acting to suppress the virus is not an option.

Covid-19 is a crisis like no other. No government will get everything right, but as citizens we have the right to expect our political leaders to learn from their mistakes; to level with us about the tough choices; to show care and compassion for those most at risk.

• THE OBSERVER

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!