'n Gruwel vir verpleging
Die kraamgruwel waaraan 'n jong vrou in Otjiwarongo se staatshospitaal na bewering deur 'n hele span verpleegsters onderwerp is, het 'n stortvloed kommentaar op Republikein se Facebook-blad ontketen.
Die 19-jarige moeder verdien krediet vir haar moed om die skokverhaal te deel. Sy het onder meer 'n gebreekte pelvis en heupbeen opgedoen, reusebloedverlies ondergaan en sal dalk nooit weer normaal geboorte kan skenk nie.
Deur openbare dienste tot verantwoording te roep, eis ons optrede en steek 'n lig in die tonnel aan dat gebreke opgelos kan word.
Die trauma – wat 'n mens jouself kwalik kan indink – was volgens beskikbare inligting die gevolg van 'n kombinasie van flagrante pligsversuim en kriminele geweld: 'n laakbare en growwe skending van alle etiek in die verpleegberoep. Die vrou behoort ook 'n strafsaak aanhangig te maak.
Selfs al was daar een of ander woordewisseling vooraf, is dit geen verskoning vir die marteling nie. Uitdagende omstandighede in staatsgeriewe kan eweneens nie as versagtende omstandighede geld nie – eerder as verswaring.
Die voorval stel ook ernstige vrae of, en hoe endemies die uitmeet van geweld aan ander – op direkte en indirekte maniere – moontlik in ons gemeenskap geword het. Tesame met persepsies van verhewenheid bo gesag en verantwoording, is dit bestanddele vir 'n vernietigende tydbom.
Die voorval verg 'n onmiddellike ondersoek en streng optrede deur betrokke owerhede.
So sê ander
24 Februarie 2019
What's Green? What's New? What's the Deal?
It's hard to believe, but worth recalling, that during the presidential debates in 2016, not a single question about climate change was put to Hillary Clinton or Donald Trump.
It was long before anyone had seen a nonbinding congressional resolution calling for something called the Green New Deal, an ambitious plan to tackle climate change (and a lot else, too) that earlier this month burst like a shooting star upon the Washington political and legislative scene.
Whatever becomes of the plan, it will have moved climate change to a commanding position in the national conversation.
The steady drumbeat of alarming reports, plus one climate-related multibillion dollar disaster after another, has raised public consciousness, which in turn increases public pressure on Congress to do something.
• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie