u00c9u00e9n Gupta keer terug na SA uit Indiu00eb
u00c9u00e9n Gupta keer terug na SA uit Indiu00eb

Één Gupta keer terug na SA uit Indië

Minstens een Gupta is terug in Suid-Afrika.

Varun Gupta (32), broerskind van Ajay en Atul Gupta, het strydig met vrese van kritici en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se beswaar dat hy ná ’n pelgrimstog in Indië nie na Suid-Afrika sou terugkeer nie, Saterdagaand vroeg op die O.R. Tambo-lughawe vanaf Delhi geland.

Sy prokureur, Rudi Krause, het bevestig dat Varun, sy vrou en twee kinders almal terug is in Suid-Afrika.

Varun, een van die beskuldigdes in die omstrede Estina-suiwelprojek by Vrede in die Vrystaat, moes die streekhof in Bloemfontein onlangs nader om sy borgvoorwaardes te verslap sodat hy die pelgrimstog saam met Ajay, Tony, Atul en die res van die Gupta-familie kon meemaak.

Die NVG het die aansoek teengestaan omdat Varun as ’n vlugrisiko beskou is.

Landdros Jan Greyvenstein het egter bevind dat daar geen rede is waarom hy nie die aansoek kon toestaan nie.

Varun is toe toegelaat om onder streng voorwaardes na sy pa se huis in Dehradun in die provinsie Uttara¬khand te reis, waar hy by die res van die familie aangesluit het vir die Hindoe-pelgrimstog Char Dham Yatra.

Dié tog, een van die heiligstes op die Hindoe-kalender, is luidens heilige geskrifte nodig om gelowiges se sondes af te was in die water van riviere in die omgewing.

Die staat het onder meer aangevoer dat Varun se familie ten tye van die borgaansoek reeds in Indië was en dat die kanse dus goed was dat hy nie weer sou terugkeer nie.

Selfs sy huwelikstatus en die feit dat hy twee kinders het, is in twyfel getrek, het Krause gesê.

“Ons het egter ’n afskrif van sy huweliksertifikaat ingedien sowel as die geboortesertifikate wat deur die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake uitgereik is. Die kinders is in Suid-Afrika gebore.”

Greyvenstein se bevel het behels dat Varun slegs met kommersiële vlugte Indië toe en terug sou reis en dat hy nie later nie as vandag in die land moes terug wees.

Krause moes daagliks aan die ondersoekbeampte in die Estina-saak verslag lewer oor waar sy kliënt hom bevind.

“Ons sal Maandag (môre), soos die landdros vereis het, Varun se paspoort aan die ondersoekbeampte teruggee. Ons het verneem dat daar ook op die lughawe polisielede sou wees om seker te maak dat hy inderdaad teruggekeer het.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!