‘n Happie Italië in die mis
foto's en teks deur Lloyd Zandberg
Ek is in Swakopmund.
En ek is lus vir lekker eet. Nou kyk, mý lekker eet behels gewoonlik pleisters, oliebeloopde T-shirts en ‘n pens wat tot buite die dorp staan. Tot vandag toe weet ek nie wanneer my maag vol is nie. As ek wil lekker eet, dan doen ek dit behoorlik. Enige dokter sal my onmiddellik ná my eetsessies met diabetes diagnoseer, maar ek gee nie om nie. Een van my gunstelingkosse is pizza. Maar nie die soort wat kan deurgaan as ‘n brood met kaas op nie. Of iets wat lyk soos ‘n vetkoek wat nog nie heeltemal gerys het nie. Ek praat hier van ‘n papierdun kors, met eksotiese kase en Italiaanse worse op. Miskien ‘n soort blaar bo-op, net vir colour. Water my mond nou weer van vooraf.
Pizza is vir my soos mense. Jy kan maar gaan kyk, almal is ‘n soort pizza. Die ooms wat deur ‘n midlife crisis gaan, is sonder enige twyfel ‘n Hawaian. Niemand weet hoe om oor pynappel op ‘n pizza te voel nie. Dit geld vir die ooms ook. Dan kry jy jou jonger span, eenvoudig en plain, nes ‘n Margaritha. Tienermeisies en al hulle dinge, laat my dink aan ‘n Four Seasons en die ouer garde, of geskeide mense, loop hand aan hand met iets wat spinasie op het, net sodat dit aan hulle voortande kan gaan vasplak. Ek is ‘n soort Meaty Supreme (ek verkies om te glo dat ek groot rumps het), baie vleiserig, maar vreeslik vullend. Twee happe van my en jy gee oor.
Dit is die goeie nuus. Maar waar in Namibië kry ‘n mens pizza wat naastenby lyk soos dié van Italië? Of die soort pizza wat jou nie na sooibrandpille laat gryp nie. Nêrens. Alles het altyd een of ander Namibiese twist (wat nie verkeerd is nie), maar dit is juis wat ek nie wil hê nie. As ek kon, het ek een maal per maand Rome toe gevlieg vir ‘n happie eg tradisionele pizza. Ek het verlede Desember net weer eens besef, toe ek by ‘n straatkafee in Trieste, ‘n industriële dorp in die oostekant van Italië is, dat as die Italianers met iets sukkel, is dit definitief nie met hulle pizza nie (hulle hare is ook altyd mooi). Ek meen, dit is immers hulle stapelvoedsel. En niemand wen ‘n Namibiër met ‘n skaaprib nie. So, dit is eintlik om’t ewe.
Ek bel ‘n bietjie rond in Swakopmund en vra vir my twee vriende (ek het regtig net twee) of daar nie ‘n lekker plek is waar ons kan gaan eet nie. Ek is lus vir lekker eet en kort iemand wat my ná die tyd kan help kar toe loop of selfs huis toe bestuur. Ek eet vir my disnis.
Hiert, sê my vriendin, weet jy nie van die nuwe pizzaplek nie? Nee, sê ek, book onmiddellik vir ons. Sy sê, die mense praat Italiaans en hulle het nét pizza op die menu, is jy lus daarvoor? Ek sê, hoekom staan ons nog hier? Ons moes al aangesit het. Kan jy Italiaans praat, vra ek. Ja, sê sy, Obrigado. Ek sê, fantasties.
Seweuur staan ons klomp voor die gebou waarop Gabriele’s staan. Nogal deftig aangetrek, nie heeltemal reg vir ‘n TV-show nie, maar net darem dat mense sien ons kyk nie Binnelanders nie. Die gasvrou, wat in demin geklee is (jy vat my ver met ‘n deminpakkie) verwelkom ons en sê haar man gaan nou met ons kom gesels. ‘n Paar minute later daag ‘n man op, en sy hele klere is wit. Hy lyk soos ‘n verdwaalde engel. Hierdie man se naam is Cristian Storti. En maak notas, want van hom gaan ons nog baie hoor. Cristian is ‘n 39-jarige Italianer wat nou vir Namibiërs tradisionele pizzas bou. Wat? Hoe het dit gebeur?
My vriendin se Italiaans het nie baie gehelp met die onderhoudproses nie. Hoofsaaklik om dit Portugees is.
Cristian het eintlik ‘n geskiedenis in die chemiese wêreld. En het later ook geskiedenis gaan studeer, maar nooit sy studies voltooi nie. Cristian se hart het tussen die meel en tamatiepasta gelê. En hy het weer begin pizza bou. Daarna het hy na Engeland gegaan en sy vrou, die een met die denimpakkie, in Windsor ontmoet. Karen Guelpa is ‘n gebore Swakopmunder wat die wêreld se grense op ‘n jong ouderdom gaan besoek het. In 2008 ontmoet Demin en Meel mekaar en trek ‘n jaar daarna terug na Italië. In Valdago, ‘n klein bergdorpie in die noordweste van Italië, het hulle saam ‘n pizzeria vir vyf jaar gehad. Jare later keer die twee terug Namibië toe en kom maak pizza’s waar ek sit en hierdie artikel skryf. Die plek is eenvoudig, ruik soos nog en is presies wat ek in ‘n restaurant soek.
Wat my die meeste van Gabriele’s beïndruk het, was dat hulle albei alles in hulle vermoë sal doen om hulle gaste gelukkig te hou. Een van my gunstelingvoorgeregte is ‘n knoffel-focaccia. En ek wou een hê. Maar dit was nie op die menu nie. Karen het dadelik gesê dit is nie ‘n probleem nie, hulle bou gou vir ons een. Dit was nie lank nie, toe bring hulle die focaccia tafel toe. Ek het hom in minder as vyf minute verorber. En dit is die verskil. Die moeite sal my ‘n arm man maak. Vir diegene wat nie weet nie, olyfolie is van kardinale belang vir enige Italiaanse kombuis, en toe ek sien die focaccia dryf in een van moeder aarde se mooiste olies, wou ek briewe skryf.
Europa bly vir my een van die mooiste dele in die wêreld, maar meer spesifiek, Italië. En hier sit ek in mistige Swakopmund, met ‘n glas rooiwyn (wat ook uit Italië kom) en eet regte, egte pizza. As dit nie vir my vriende se Portugees was nie, kon ek maar net sowel in Valdago of Rome wees. En as jy lus is vir iets anders as die standaard hamburger of flouerige spare ribs, gaan maak ‘n draai by Gabriele’s. Kry net iemand om jou huis toe te ry, want jy gaan jouself lam eet.
‘n Paar vrae aan Cristian:
Van waar het die naam Gabriele’s ontstaan?
Gabriele is ons sewejarige seun se naam. Hy is my en Karen se wêreld.
Wanneer het julle met Gabriele’s begin?
Ons het op 23 Desember verlede jaar die deure oopgemaak.
Waarvoor wil jy graag hê moet Gabriele’s bekend wees?
Ons wil doel is ‘n om vriendelike, huishoudelike omgewing te skep. Waar vriende en familie lekker wyn en kos kan geniet. Ons wil dit ‘n klein, intieme omgewing hou. Dit moet voel soos jou sitkamer. Dit is my en Karen se passie. Ons bly hands on met die besigheid. Sy bedien tafels en ek maak die pizza. Presies soos wat dit in Italië by meeste van die eetplekke gebeur.
Wat is volgens jou ‘n goeie pizza?
‘n Pizza is die perfekte kombinasie tussen geure en tekstuur. As daai twee wêrelde met mekaar trou, kry jy ‘n perfekte pizza. En natuurlik, hoe dunner die kors, hoe beter.
Is daar ‘n goue reël as dit kom by die maak van ‘n pizza?
Die meel wat ‘n mens gebruik, is belangrik en dan moet die deeg ook baie gehanteer word. Ons pizza vat min of meer vyf minute vandat dit in die oond gaan totdat dit op ‘n bord beland.
Gunsteling topping?
Stracchino, ‘n sagte Italiaanse kaas, rocket en Parma-ham.
Wanneer het jy begin kosmaak?
Ek het op die ouderdom van ses jaar begin kosmaak. En het my eerste werk op 14 by ‘n pizzeria as handlanger vir die hoofkok losgeslaan.
Hoekom wou jou ‘n kok word?
Ek is mal daaroor om ander mense met wat ookal ek voorberei, gelukkig te maak. Ek berei spesiale disse voor met die mees basiese bestanddele. Die betowering van die vuur wat ‘n pizza perfek gaarmaak, is fantasties.
Is daar iets wat mense nie van jou sal kan raai nie?
As mense my persoonlikheid begin leer, sal hulle nooit sê ek is ‘n chef, of dan nou wel ‘n pizzamaker, nie. Ek dink ek lyk meer soos ‘n prokureur. Dit is net my wit pakkie wat my game weggee. En ek is versot op musiek.
Het jy enige formele kookkursusse voltooi?
Nee, alles wat ek kan doen, het ek by anders mense geleer. En ek weet nie naastenby genoeg nie. Ek leer elke dag iets nuuts.
Wat is jou gunstelingkos?
Natuurlik Italiaanse kos.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie