u2019n Heildronk op vroue-entrepreneurs
u2019n Heildronk op vroue-entrepreneurs

’n Heildronk op vroue-entrepreneurs

FNB Namibia het ter ere van Vrouedag die suksesse van vroue-entrepreneurs die afgelope paar maande gevier.
Tunohole Mungoba
Tunohole Mungoba

In die lig van Nasionale Vrouedag het FNB Namibia Woensdag ’n ontbytgeleentheid in die hoofstad aangebied waar alle vroue in die sakewêreld gevier is. Onderwerpe soos die samestelling van ’n modieuse sakeportefeulje en die bevordering van verbruikersvertroue is onder loep geneem.

Die genooide gaste was vroulike entrepreneurs met uiteenlopende besigheidsagtergronde insluitend gesondheid en fiksheid, skoonheid, bak en lekkergoed.

Al dié vroue was jonk en ywerig om met ander sakevroue saam met werk.

“Wanneer ’n vrou haar eie finansies bestuur, belê sy in die gesondheid, die voeding en opvoeding van haar gesin. Sulke beleggings maak ’n verskil tussen generasies met ’n rimpeleffek in die breër gemeenskappe van ons wêreld. Die inklusiwiteit van vroue in die finansiële aspek, sal op ’n makrovlak ’n groot invloed op die algemene welstand en ekonomiese groei van die gemeenskap hê,” het me. Anielle von Finckenstein van FNB gesê.

In terme van die samestelling van ’n modieuse sakeportefeulje, het Von Finckenstein die metafore van mode en styl gebruik en uitgewys dat daar “verskillende vlakke tot jou modesin en sakeportefeulje is”.

“Basiese dinge sluit in jou alledaagse kleredrag; wat jy dra as jy wil goed voel en lyk. Om jou portefeulje op te bou, moet jy egter ook belê in die fondament van jou besigheid en die bates wat jou jou loopbaan sal opbou,” het sy gesê.

Me. Sepo Haihambo, uitvoerende beampte van FNB se bedryfsafdeling, het gesê hoewel dit ’n uitdagende jaar was, “seëvier vroue steeds vandag in die huis, in besighede en in die werkplek.”

“Covid-19 het dit vir vele maatskappye moeilik gemaak om normaal met besigheid voort te gaan en het verskeie finansiële uitdagings saam met die internasionale inperkings meegebring. Dié uitdagings beteken dat ondernemings hul vaste sakemodelle vinnig moes aanpas om hul kliënte gelukkig te hou.”

“Die aanpasbaarheid wat vroue dikwels toon, het dit makliker gemaak vir gedrewe sakevroue soos julle om dié uitdagings met veerkragtigheid en fokus aan te pak, net soos ons vroulike voorgeslagte,” het Haihambo gesê.

Me. Josy Nghipandua, ’n korporatiewe seremoniemeester en redenaar- en voorleggings-instrukteur, was een van die genooide entrepreneurs. Sy het FNB vir die “goeie inisiatief” bedank.

“Mentorskap in die korporatiewe omgewingen die skep van ruimtes vir jong sakevroue om idees uit te ruil, is ’n groot leemte. Hierdie was ’n baie uiteenlopende gehoor en FNB het hulle goed van hul taak gekwyt om hul gaste te kies. Die samelewing beeld dikwels die idee uit dat vroue nie oor die weg kom nie, weens van die gevolge van patriargie. Wanneer vroue saamwerk, is dit ’n wonderlike ding,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!