u2019n Helder lig skyn in Namibiu00eb
u2019n Helder lig skyn in Namibiu00eb

’n Helder lig skyn in Namibië

Fokus op hedendaagse debatte
Yandi Du Plessis
Die godsdienstige tydskrif The Brightening Light is op Woensdag (16 Desember) amptelik in die hoofstad bekend gestel.

Die tydskrif word deur drie redakteurs saamgestel, naamlik dr. Emma Nangolo, Erika von Wietersheim en prof. Paul John Isaak.

The Brightening Light is die eerste godsdienstige tydskrif wat deur Paulinum gepubliseer is sedert die opleiding van godsdiensleiers en -onderwysers 'n eeu gelede begin het.

Sodanige opleiding van kerkdienaars en onderwysers het in 1866 op Otjimbingwe begin en is gelei deur die Evangeliese Lutherse Kerk in die Republiek van Namibië (ELCRN) en deur die Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië (Elcin) op Oniipa in 1922.

Die tydskrif sal jaarliks gepubliseer word en sal die godsdienstige en sosio-polities-ekonomiese-kwessies en debatte van die dag weerspieël.

Vanuit ’n godsdienstige perspektief staar ons vandag uitdagings in die gesig wat in dié tydskrif verwoord sal word.

“In hierdie tydskrif poog ons om te gaan met praktiese werklikhede ‘ter plaatse’ om demokratiese, versoenende, vreedsame, regverdige en genesende gemeenskappe op te bou.

In hierdie tydskrif word dit anders uiteengesit, en volgehou dat die profetiese stem diegene wat hulpeloos of gemarginaliseerd is en in armoede leef, lig en hoop sal bring, terwyl hulle glo, bely en motiveer dat God se wese lewe en lig is,” skryf die redakteurs.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!