'n Hou vir Harambee
'n Hou vir Harambee

'n Hou vir Harambee

Dani Booysen
Die bedanking van dr. John Steytler is ‘n gevoelige hou vir die Geingob-regering en sy Harambee-welvaartplan.

Maar elkeen het natuurlik die keuse om groener weivelde te soek.

Die publiek sou waarskynlik meer inligting van staatshuis verwag as om Steytler sterkte met sy toekomsplanne toe te wens. Die hiperkort afskeid gee kredietwaardigheid aan gerugte van groeiende frustrasie by ‘n jong, uiters talentvolle ekonoom wat van die begin ‘n sleutellid van die staatshoof se sogenaamde A-span was. Die tyd sal leer of Steytler self bereid is om meer te sê.

Sedert die onthulling van die Harambee-plan in 2016 was daar aanvanklik goeie tekens en ook goeie vordering wat op sekere gebiede gerapporteer is. Sedert verlede jaar het terugvoering aan die publiek saam met die momentum van uitvoering begin opdroog.

Die skuld hiervoor kan nie net op die resessie geplaas word nie. Juis dan is nog slimmer ingryping nodig om vooruitgang op koers te hou.

Dele van die samelewing voel ook dat Harambee by retoriek vasgehaak het.

Sonder om opnuut die tameletjie van gratis hoërskoolonderwys op te rakel, was die verklaring van bates, inisiatiewe soos die voedselbank en die diens van meer erwe vir woonhuise nie genoeg om Harambee se breër sukses te verseker nie.

Van die beloftes wat teen 2020 moet realiseer was groter deursigtigheid, beter dienslewering, uitgebreide en eersteklas beroepsopleiding en versnelde werkverskaffing vir die jeug.

Harambee se groot toets sal later vanjaar by die stembus plaasvind.

So sê ander

12 Maart 2019

Another Boeing 737 Max crash: Why did Ethiopian 302 fall from the sky?

Frequent flyers understand that air travel in the 21st century is inherently safe. Planes are sophisticated and accidents are anomalies.

The last crash involving major loss of life on a U.S. passenger airline jet happened in 2009.

This is what’s so concerning about Sunday’s crash in Africa of an Ethiopian Airlines 737 Max jet — designed and built by Chicago-based Boeing. The mysterious incident calls into question the airworthiness of Boeing’s newly redesigned plane, which is flown around the world.

Sunday’s tragedy is the second cataclysmic accident in less than five months for the Boeing 737 Max.

The two crashes may stem from completely separate causes; early theories about air disasters are notoriously unreliable. But similarities between the two incidents provoked speculation on a possible problem with the computerized flight controls of the 737 Max.

While a final report on the Lion Air crash isn’t completed, the most likely cause was related to a new safety feature designed to protect the plane from a mid-flight stall. If sensors or flight systems misinterpret data and pilots don’t react swiftly, the plane can send itself into a nosedive.

Two new Boeing aircraft of the same sophisticated design. They crash under seemingly similar conditions — good weather included — in different parts of the world. Air travel is safe, yes, but what happened to Ethiopian Airlines Flight 302? The sooner the flying public understands, the better.

• CHICAGO TRIBUNE

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!