'n Huis is deel van ons menswees
JOHN FREDERICKS SKRYF:
Die afgelope paar weke en maande was daar gereeld berigte in ons koerante oor die gesiglose en gewetenlose skelms wat oningeligte en onbeskermde huiseienaars uit hul wonings swendel.
Die hartelose diewe/skelms doen alles in hul vermoë om vir Jan Alleman te laat verstaan dat hul optrede eintlik ’n wettige kooptransaksie was. Dit is ’n onomstootlike feit dat baie van die huiseienaars wat "wettiglik" van hul huise beroof word nie eens besef nie dat die man of vrou met die seepgladde bek en die sodanige simpatie met hul omstandighede in werklikheid gesoute en gewetenlose skelms is.
Ek het weereens bewus geword van ’n gesin wat op die drumpel staan om die huis waarin al die kinders gebore was, en wie se afgestorwe man en pa die huis steen vir steen vergroot het om sy familie te akkommodeer, die huis mag verloor as daar nie dringend tot die familie se redding gekom word nie. Die spesifieke familie het alles deurgemaak waaraan enige rasionale mens kan dink wat lyding en swaarkry betref, en steeds het die moeder van die huis alles in haar vermoë gedoen om haar gesin te hou in die huis wat haar oorlede man aan haar en die kinders nagelaat het.
Haar kinders, soos menigte ander kinders in uitdagende sosiale omstandighede, het ook verkeerde besluite geneem wat tot drank- en dwelmmisbruik aanleiding gegee het. In die proses het die moeder haar oudste dogter aan die dood afgestaan, en moes verbete veg om haar ander kinders tot ander insigte te bring.
Ek dink haar man se doodstyding ’n paar jaar gelede en tyding van haar kind verlede jaar was erg traumaties en sy was hard geslaan. Die ware doodstyding was egter toe sy munisipale rekeninge ontvang waarvolgens die huis aan iemand anders behoort.
Die persoon is aan haar bekend, en soos ek kan aflei, het haar man jare gelede as bouer vir die persoon gewerk. Die persoon het aan die familie genoem dat hulle in die huis mag aanbly tot hulle sterf.
Ek ken mense wat sulke gewetenlose, afskuwelike en onmenslike dade as “besigheid” beskryf, en hulself daarin troon dat hulle mense in nood gehelp het.
’n Huis is van die min besittings waardeur 'n mens jou waardigheid en menswees kan uitleef. Wanneer enige mens van hul huis beroof word, deur mense wie hulle vertrou, wie ook ’n bespotting en uitbuiting van hul onkunde en onkundigheid maak, is dit nie net oneties, onmenslik en wreed nie, maar dit grens aan oneerlike wanpraktyke.
Daar moet 'n straf daarvoor wees. Dalk om hulle te laat voel hoe dit is om dakloos en huisloos te wees?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie