’n Jollie vakansiereis en meer
Vakansietyd! Ja, mense, die Desember-vakansie is op ons! Dit voel vir my of ek deur ’n “dief” bekruip is en hom nooit eers gesien het nie. Ek is ongelukkig nou nie een van daardie mense wat ’n jaar vooruit my vakansies beplan nie.
Ek vat dit soos dit kom. Maar laas week het ek besef as ek nie nou begin plan maak nie, dan ry ons met Jan Tuisbly se karretjie. En dis nie al nie: In Januarie is ons na ’n vriendin se troue genooi en om die cherry op die koek te sit, onthou ek ook volgende jaar se Privaatskolenaweek.
Die eerste besluit wat geneem moes word, was of ons gaan ry of vlieg na ons vakansiebestemming. Wel, dit was ’n moeilike besluit, want soos julle self weet, is dit baie goedkoper om te ry, maar ná ’n lang gewik en geweeg, toe wen die vliegtuig, net omdat my oog nog nie 100% is ná my operasie nie.
Ná ek my oë toegeknyp het en die vliegkaartjies betaal het, begin die soektog na verblyf in ’n baie gewilde vakansiedorpie vir ’n paar dae vir die troue.
Ná ’n paar oproepe en SMS’e kry ek gelukkig ’n oulike plekkie. Weer eens ná ek my oë toegeknyp het en die betaling gemaak het, tref dit my ek het nooit verblyf bespreek vir die Privaatskolenaweek 2018 op Otjiwarongo nie.
Ek het ná hierdie jaar se Privaatskolenaweek ’n paar navrae gedoen, maar dit was mos nog nie prioriteit nie, daar was nog baie tyd voor Mei-maand volgende jaar oor. Just kidding! Wel, Otjiwarongo is ook maar net só groot en het ook net soveel plekke waar jy kan bly. Dit was soos ’n berg voor my, hoe gaan ek ooit blyplek en daarby bekostigbare blyplek op die reeds oorvol Otjiwarongo kry? Ek dink dit is makliker om nou verblyf op Swakop te kry vir die Desember-vakansie as op Otjiwarongo vir 30 Mei tot 3 Junie volgende jaar.
Ná ’n hele klomp SMS’e en e-posse, toe strike ek goud! Kan julle dit glo? Dit het gevoel of ek ’n marathon gewen het. Dit is nou nie presies wat ek in gedagte gehad het nie, maar soos hulle sê beggars can’t be choosers. Ná baie betalings wat gemaak is en ’n klomp geld wat uit my rekening “verdwyn” het, is ek baie tevrede met myself. Ons gaan vir ’n welverdiende vakansie, ons gaan na ’n goeie vriendin se troue wat ek vir niks in die wêreld sal mis nie, en ek is gecover vir volgende jaar se skouspel van rugby, hokkie en netbal.
En geen kind gaan kwaad wees omdat hulle nie kan rugby speel nie. In retrospeksie dink ek ek moet dalk vroeër aan my vakansies of enige verblyfreëlings begin beplan. Dit sal my ’n paar grys hare en ’n klomp geld spaar (moes klaar ’n haarafspraak maak)! Om eerlik te wees, is ek bly die jaar staan einde se kant toe. Ek dink 2017 was ’n moeilike jaar vir baie mense, maar ’n mens probeer positief bly.
Soos hulle sê, die lewe is 10% wat met my gebeur en 90% hoe ek daarop reageer. Ek hoop terdeë dat 2018 my voete onder my gaan uitslaan en my nie gaan platslaan soos 2017 nie!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie