u2019n Kaartjie vir u2019n lewe
u2019n Kaartjie vir u2019n lewe

’n Kaartjie vir ’n lewe

Die Kankervereniging van Namibië (CAN) se laaste fondsinsameling vir die jaar, Slice of Life, Raffle of Hope, samel geld in vir mans en vroue om vir onder meer bors- en prostaatkanker getoets te word.

Die veldtog is ’n vennootskap tussen CAN en die Gondwana Collection of Lodges.

Loterykaartjies kan teen N$100 elk gekoop word waardeur lede van die publiek een van ses wegbreeknaweke by enige van die Gondwana-lodges oraloor die land kan wen.

Met elke kaartjie wat verkoop word, kan een Namibiese vrou ’n kliniese borsondersoek ondergaan, ’n servikale ondersoek en gevolglike behandeling deur middel van krioterapie ontvang, of ’n verwysing vir ’n kolposkopie of alternatiewe behandeling kry.

Ook mans baat by die veldtog. Vir elke N$100-kaartjie word hulle vir prostaatkanker getoets, en kan hul bloeddruk en cholestrol ook getoets word.

Volgens CAN is onderrig en bewusmaking ’n sleutelfaktor in die uitreikingsprogram wat streke en landelike gebiede besoek en ook praatjies in gemeenskappe en by skole lewer.

Sedert die program se ontstaan in Augustus 2015 is meer as 35 000 Namibiërs vir kanker getoets en is die hoop om alle streke in die land teen 2020 te bereik om kanker sodoende te beveg.

CAN-spanne sal vandeesmaand elke Saterdag by die Wernhil- en Grove-winkelsentrums in Windhoek wees om kaartjies te verkoop.

Dit is ook by CAN se kantoor en PayToday-, EventsToday- en AirtimeCity-kiosks beskikbaar.

“Slegs wanneer ons saamstaan, kan ons teen kanker in Namibië baklei. Elke sent van hierdie fondsinsameling word direk daarin belê om lewens te red. Wanneer ek en my spanne vir weke weg van ons families uitreike doen, doen ons dit omdat ons glo in die werk wat ons doen en die lewens wat ons raak,” het CAN se uitvoerende hoof, mnr. Rolf Hansen, gesê.

Kaartjieverkope sluit op 1 Desember en ’n regstreekse trekking sal op 5 Desember op CAN se Facebook-blad saam met ouditeure en vennote van die projek gedoen word.

Kontak CAN by (061) 237 740 of [email protected] vir meer besonderhede.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!