u2019n Kas is vir kuns
u2019n Kas is vir kuns

’n Kas is vir kuns

Lloyd Zandberg
Evita Bezuidenhout - Ek moes die woord eers opsoek: Closet. Ja, ek weet dit is ’n Engelse woord, maar hoe vertaal ek dit in Afrikaans?

Closet: kabinet, studeerkamer, priewie, kleinhuisie, WC; sekreet, verberg, opsluit. To be closetted with . . . om ’n geheime onderhoud te hê.

My seun De Kock sê “to be in the clos­et” is om jou geheime in ’n kas van stilte te verberg, maar dít doen Nataniël beslis nié. Nee, hy staan op die verhoog in die soeklig. Hy dra rooi en blou, geel en groen. Soms is die kleur net op sy gesig. Sy kaal kop blink soos die goue koepel van ’n moskee. Sy oë is agter lang wimpers en swart strepe versteek. Sy mond bewe en krul oor woorde, konsonante en klanke. Hy sing. Hy beweeg. Hy kyk jou tot in jou siel en vertel jou stories wat jou laat hyg na die asem van onthou. Hy laat jou lag. Hy laat my huil.

Wel, te hel met die mense! Dis wat ék sê! Wonderlik! Daar is niks wat hy wegsteek nie, en tog is alles verberg. Die tegniek bly privaat. Die nate van sy werk bly ’n geheim. Die senuweeagtige hoop op sukses is sy eie kruis.

Die oorspronklike idee wat soms toegesmeer word deur ander se nuttelose raad bly almal vooruit. Al daardie klaagliedere van: “Jy kan nie, jy moenie, jy mag nie – wat gaan die ménse sê?”

Wel, te hel met die mense! Dis wat ék sê! Wonderlik! Oorspronklik! Uitdagend! En baie, baie gek!

Sal ek ooit die vertroue en verbeelding hê om net een van sy menige uitrustings aan te trek? In die gang af te loop om my in die lang spieël te bekyk? Met die hoop niemand kom in en sien my só nie? Wat sal hulle doen? Lag? Skree? Die polisie bel? Of die klere van my lyf af pluk om dit self te dra?

My hond blaf vir my as hy my só sien pronk. My kat spin. Die visse in die tenk staar my met geskokte snoekogies aan.

En dan sal almal besef dis net tannie Evita wat droom! Dis nie regtig Nataniël wat kom kuier het nie, want net hy sal daarmee kan wegkom. En die wonderlike ding is: Hy hoef nie “weg te kom nie”. Hy kan net daar bly en van die een uitrusting tot die volgende verander soos ’n verkleurmannetjie en ons sal Viva! van opwinding en gespanne wag op sy volgende waagstuk.

Closet: The Remarkable Wardrobe of Nataniël is die naam van die boek waarin die kunswerke uit die verbeelding van ’n seun van Suid-Afrika hang. Closet is ook die kas waarin die alfabet van sy sukses weergegee word. Closet is die plek waar elkeen van ons juis daardie geheime onderhoud kan hê met ’n legende in sy eie leeftyd.

Nataniël, my skat, jy laat vir Tannie hik van plesier. As ek net 20 jaar jonger was, het ek wraggies al jou idees gesteel. Gaan so voort, my seun, die wêreld wag op nog! En jou Tannie ôk!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!