u2019n Kat die skrik op die lyf jaag
u2019n Kat die skrik op die lyf jaag

’n Kat die skrik op die lyf jaag

Sanet Pearson
Sanet Pearson - Ek het dringend raad nodig.

Ons het onlangs ’n kat gekry. Ariana Grande is ses jaar oud en het die oulikste geaardheid.

Sy klim nie op my kombuistoonbank nie en sy maak nie haar naels teen my meubels skerp nie. Sy is gesteriliseer en sy soek nie skoor met ander katte nie. Sy is ’n droomkat. Al wat sy net soek is rus en vrede in haar eie omgewing.

Ongelukkig is Ariana Grande bang vir honde en skrikkerig vir vreemde geluide. Die pluspunt is as sy skrik dan hardloop sy direk onder my bed in.

Ek kan met sekerheid sê sy is ’n huiskat. Ek glo nie sy het al oor ons muur gespring om buite die erf te gaan verken nie.

Hier is waar my probleem begin. Aan die een kant is ons huiskat wat haar met haar eie dinge besig hou. En aan die ander kant het jy ’n swart-en-wit kat wat haar elke nag kom terroriseer.

Hy het die vermetelheid om haar in my huis te kom aanval. Terwyl ek hier skryf, is ek so kwaad ek kan slange vang. Hy het haar nou net weer op die stoep aangeval. Ariane Grande het heel onskuldig op die buitematjie gesit en die omgewing verken.

Hoekom moet daar altyd boelies in die lewe wees? Ek het tot die besef gekom boelies is nie net beperk tot mense nie, diere kan ook boelies wees.

Ek glo nie Boelie se eienaar het ’n saak wat sy kat in die aande doen nie. Ek kan hom of haar hoor sê: “Dis ’n kat. Ek het geen beheer oor wat hy in die aande aanvang nie.“

Wel, meneer of mevrou, gee dalk 'n bietjie meer aandag aan jou kat. Dan sal hy nie soos ’n stout kind saans rondloop en moeilikheid soek nie.

Wat gaan gebeur as hy haar eendag beetkry en ek is nie daar om hom weg te jaag nie? Wie gaan vir haar veaartskostes betaal?

Sy weet nie hoe om haarself teen ’n boelie te beskerm nie. Ek is lief vir ons kat. Ek gaan nie toekyk dat ’n ander kat haar terroriseer en intimideer nie. En dieselfde geld vir my. Elke aand sit ek en wag vir die pes om te kom, maar ek is elke keer net te laat om rêrig iets te doen.

Ek probeer hom natgooi om hom weg te hou, maar hy is net te vinnig. So meneer en mevrou, as jou lieflingkat eendag nat by die huis aankom, dan kan jy maar weet dit was ek gewees.

Ek gaan nie net stilsit en aanvaar dat ’n kat, nie eens my eie een nie, my lewe beheer en versuur nie.

As enigiemand dalk raad het, ek is ene ore.

Intussen lewe ons maar soos kluisenaars ter wille van vrede.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!