u2019n Kersfees vir minderbevoorregtes
u2019n Kersfees vir minderbevoorregtes

’n Kersfees vir minderbevoorregtes

Tanja Bause
Tanja Bause - Die Lionsklub Windhoek Alte Feste se jaarlikse Adventkalender is in Windhoek, Swakopmund, Omaruru en Walvisbaai beskikbaar teen N$50 per eksemplaar. Elke kalender het sy eie reeksnommer en 24 vensters, met 'n venster wat daagliks vanaf 1 tot 24 Desember oopgemaak kan word. Agter elke venster is die naam van ’n maatskappy en ’n prys wat gewen kan word.

’n Trekking vir die wennommers vind daagliks plaas. Die wenners sal op die klub se webtuiste, www.lionsaltefeste.com, en in die koerant bekend gemaak word.

Die borg van die dag sal in kennis gestel word van die wennommer en die persoon wat die kalender met die wennommer het, kan die prys direk by die borg met die kalender as bewys gaan opeis. Pryse moet voor 15 Februarie opgeëis word.

Die geld wat ingesamel word, sal ten bate van verskeie welsynprojekte aangewend word, wat onder meer insluit minderbevoorregtes, bejaardes en gestremdes.

Die kalenders is in Windhoek by die Windhoeker Buchhandlung beskikbaar, op Swakopmund by Otto Günther en by me. Uta Eckleben op 081 280 6027, op Omaruru by Martin’s Lädchen en op Walvisbaai by me. Karin Coelen op 081 127 6464.

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer