'n Kleurryke reis deur die Noorde
'n Kleurryke reis deur die Noorde

'n Kleurryke reis deur die Noorde

Yandi Du Plessis
'n Omvattende gids tot die noorde van Namibië, Discover the Colourful World of Owambo, is op 1 Desember tydens 'n intieme geleentheid by Etosha King Nehale bekend gestel.

Tydens die geleentheid het die skrywer, Willie Olivier alias “Othondoro”, gepraat oor sy reise deur die Noorde wat die boek geïnspireer het en sy innige dank uitgespreek teenoor diegene wat dit moontlik gemaak het.

Die ­Ondonga-koning, Omukwaniilwa ­Tate­kulu Fillemon Shuumbwa Nangolo, het op sy beurt benadruk hoeveel waarde die boek vir die Aawambo-mense inhou, en het Gondwana Collection Namibia vir hul insette bedank.

Gondwana het die boek gepubliseer.



INHOUD

Discover the Colourful World of Owambo is 'n omvattende gids tot die noorde van Namibië, propvol waardevolle ­inligtig vir reisigers en toeriste.

Die gids bied verskeie roetes om te verken, sowel as insig oor 'n wye verskeidenheid ­onderwerpe.

Dié onderwerpe wissel van beskrywings van die agt Aawambo-gemeenskappe, ­jaarlikse feeste, ­tradisionele drag en kos, ­insluitend mopa­niewurms en brulpaddas, tot “bome van lewe” soos die makalani-palmboom.

Die roetes bevat geskie­dkundige brokkies oor die dorpe, streke, die ­tradisionele leiers en hul voor-onafhanklikwordings­bestaan.

Dit bevat ook die kleurryke verhale van gewilde terreine soos Nakambale, die ou Finse sendingstasie, die Ombalantu Baobab by Outapi, die Ruacana­waterval, die Otjikoto­meer en die Etosha ­Nasionale Park.

Owambo was nie noodwendig tot dusver 'n gewilde toeriste-aantreklikheid van Namibië nie. Olivier wil dít ­verander deur sy uitgebreide kennis van dié gebied, wat hy oor drie dekades as 'n joer­nalis in die Noorde ­versamel het, in te span en Owambo op 'n duidelike en omvattende manier voor te stel.

Die boek is goeie leesstof vir enigiemand wat geïnteresseerd is in die Oshiwambo-kultuur en die geskiedenis van die streek.

Discover the Colourful World of Owambo is by Namibia2Go in Bassingthwaightestraat in Windhoek, by sekere boekwinkels en by uitgesoekte Gondwana-lodges beskikbaar.

Bestellings kan by [email protected] geplaas word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!