N-Korea sê hy finaliseer planne vir VSA-aanval
Met twee onvoorspelbare leiers in Washington en Pjongjang onderskeidelik is die wêreld tans 'n gevaarlike plek.
Pres. Donald Trump van Amerika se waarskuwings aan Noord-Korea dat enige bedreiging vir Amerika met “woede en vuur” beantwoord sal word, het dié land gister uitgelok om te sê dat planne vir 'n aanval teen die VSA gefinaliseer word.
Noord-Korea het gister gesê Trump se waarskuwings is “twak” en dat hy sy planne om die Amerikaans beheerde Guam-eiland in die Stille Oseaan met missiele aan te val, finaliseer.
Die VSA en Noord-Korea is vandeesweek in 'n bekgeveg betrokke sedert die nuus dat Noord-Korea vinnig vorder met die ontwikkeling van kernwapens en missiele wat moontlik die VSA kan bereik.
Noord-Korea het ná Trump se onverwagte opmerkings gister gesê hy gaan binnekort vier tussenafstand-missiele afvuur wat oor Japan gaan vlieg om 30 km tot 40 km vanaf Guam te land.
Guam, meer as 3 000 km suidoos van Noord-Korea, het sowat 163 000 inwoners.
Daar is ook 'n vlootbasis met 'n duikboot-eskader, 'n kuswag en 'n lugmagbasis.
“Gesonde dialoog is nie moontlik met 'n man wat van sy sinne beroof is nie en net absolute krag sal met hom werk,” berig die staatsbeheerde KCNA-nuusagentskap oor Trump.
Genl. Kim Rak Gyom, bevelvoerder van die strategiese mag van die Noord-Koreaanse weermag, sê hulle sal teen middel-Augustus gereed wees om Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, se bevel uit te voer om Amerika aan te val, berig KCNA.
Terwyl Noord-Korea gereeld dreig om die VSA en sy bondgenote te vernietig, is die besonderhede in dié berig buitengewoon.
Kundiges sê die besonderhede dui daarop dat Noord-Korea waarskynlik sy planne om aan te val, gaan deurvoer, sodat die land nie as swak beskou kan word nie.
Wêreldoorlog?
“Die wêreld is op 'n gespanne plek en Amerika en Noord-Korea word albei deur gekke regeer. Ons moet die dreigemente ernstig opneem,” sê prof. Solomon Hussain, politieke ontleder aan die Universiteit van die Vrystaat, met verwysing na die woorde-oorlog tussen pres. Donald Trump en Kim Jong-oen.
Helmoed Heitman, 'n onafhanklike militêre ontleder, meen egter die moontlikheid van 'n Asiatiese oorlog is groter as 'n wêreldoorlog.
“Noord-Korea is wispelturig, maar nie onnosel genoeg om sommer 'n oorlog te begin nie. As 'n wêreldoorlog uitbreek, gaan dit veel anders wees as die Tweede Wêreldoorlog, meen Hussain. Wapens is veel meer gevorderd en verwoestend en die wêreld kan selfs 'n kernwinter verwag.
Heitman vermoed presisiewapens en missiele wat uit duikbote en van skepe af gevuur word, eerder as chemiese wapens, sal gebruik word.
Hussain hoop Trump se dogter Ivanka en haar man, Jared Kushner, bring die Amerikaanse president tot besinning ná sy dreigemente oor “vuur en woede soos die wêreld nog nooit gesien het nie” en dat die Chinese Kim kalm sal hou.
Hy hoop ook dat die Verenigde Nasies sy stem dik sal maak.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie