N-Korea se magte op volle gereedheid
N-Korea se magte op volle gereedheid

N-Korea se magte op volle gereedheid

'n Noord-Koreaanse skip is verlede week deur die Amerikaanse departement van justisie aangehou omdat dit steenkool onwettig en in oortreding van sanksies vervoer het.
Amerika se beslaglegging op 'n vragskip van Noord-Korea was 'n onwettige daad wat die gees van die beraad en ooreenkoms tussen die twee lande geskend het, sê Noord-Korea.

Die optrede is in lyn met Amerika se optrede om Noord-Korea onderdanig te hou met sy beleid van “maksimum druk” en druis direk in teen die fundamentele gees van 12 Junie se gesamentlike verklaring, sê 'n woordvoerder van Noord-Korea se departement van buitelandse sake.

Kim Jong-oen van Noord-Korea en pres. Donald Trump van Amerika het op 12 Junie verlede jaar in Singapoer ontmoet en onderneem om met nuwe verhoudinge en vrede op die Koreaanse skiereiland te begin.

Die minister verwerp ook die Verenigde Nasies (VN) se resolusie teen Noord-Korea waarvolgens Amerika op die skip beslag gelê het.

“Amerika vergis hom lelik as hy glo hy kan die Noorde deur mag beheer,” lui die verklaring.

Dit sluit af deur te sê Noord-­Korea gaan Amerika se gedrag in die toekoms stip dophou.

Die Noord-Koreaanse skip is verlede week deur die Amerikaanse departement van justisie aangehou omdat dit steenkool onwettig en in oortreding van sanksies vervoer het. Die skip is aanvanklik in April verlede jaar deur Indonesië aangehou.

Amerika se aankondiging dat die skip Wise Honest in Samoa deur hom aangehou word, is gedoen kort nadat Noord-Korea Donderdag twee kortafstandmissiele afgevuur het.

Noord-Korea het sy magte op volle gereedheidsgrondslag geplaas nadat daar op die skip beslag gelê is.

Die missieltoets en die reeks p­rojektiele wat Saterdag deur Noord-Korea afgevuur is, is die eerstes sedert die ­interkontinentale ­ballistiese missiel wat in November 2017 ­afgevuur is.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!