u2018n Krisis van legitimiteit
u2018n Krisis van legitimiteit

‘n Krisis van legitimiteit

Dani Booysen
Ondanks opgewondenheid het verlede week se vier tussenverkiesings in Namibië opnuut ‘n jarelange, tanende bywoning in streekraadverkiesings onderstreep.

Almal moet bekommerd oor die krisisse van vertroue en legitimiteit wees.

Swapo het welliswaar twee setels verloor, maar stempersentasies van 8,2% in Khomasdal, 15,5% in Walvisbaai en 17,4% op Gobabis verteenwoordig nuwe laagtepunte vir veelvlakkige demokrasie. Die Landless People’s Movement (LPM) se mobilisering het waarskynlik ‘n rol gespeel in die opkoms van 30,8% op Keetmanshoop – steeds swak, maar net-net beter as die 30,6% van 2015.

In Khomasdal het minder as een uit tien stemgeregtigdes dus gestem, hoewel die korrektheid en ouderdom van die kiesersrol ook ‘n invloed kan hê.

Al vier wenkandidate se stemme verteenwoordig ‘n groot skoolsaal vol ondersteuners. In Khomasdal kom dit daarop neer dat minder as 5% van inwoners Swapo se wenkandidaat ‘n mandaat gegee het.

Swapo het sy swak vertoning op apatie blameer. Apatie beïnvloed egter dikwels alle partye en kandidate.

Die feit dat stemdag op die jaar se eerste skooldag geval het, behoort ook nie so ‘n groot verskil te gemaak het as inwoners voel hul stemme maak ‘n verskil nie. Die Verkiesingskommissie (ECN) kon wel hierop bedag gewees het.

Nie net die ECN nie, maar alle belanghebbendes sal die volgende tien maande hard moet werk om ‘n beter opkoms in einde 2020 se verkiesing van nuwe streekrade en plaaslike owerhede te verseker.

So sê ander

16 Januarie 2020

Australia needs more action from its government right now

ABC has reported that 23 former fire chiefs have tried to warn Prime Minister Scott Morrison in April of the dangers this fire season and that Australia needed more water bombers in preparation, but they were never able to set up a meeting with Morrison or David Littleproud, the natural disaster and emergency management minister.

As fire season reaches its peak, the bushfires have drawn in controversy and criticism from Australian citizens.

We believe the prime minister should take an active role in passing fire relief and prevention acts while working on climate change policies instead of promoting the use of fossil fuels. Morrison should push more of Australia’s national funding toward fire prevention and relief. Morrison should implement fire safety policies, fire-hardened building policies and put more funds into training firefighters to safely back burn dry underbrush in the offseason so there’s less fuel.

However, these are only temporary solutions to a growing problem.

Implementing temporary fire prevention measures will help keep future bushfires somewhat controlled, and it will allow Australia’s government time to find agreeable long-term solutions to fight climate change’s effects on the lengthening fire season.

Australia’s government needs to heed the former fire chief’s warnings. If it had, perhaps the bushfires wouldn’t be so devastating.

• THE DAILY EASTERN NEWS

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!