’n Krismisboks vol storiejuwele
Wini Esterhuizen van Koës se debuutbundel het boekwinkelrakke met ’n slag getref.
Ronelle Rademeyer – Al het sy op 65 eers ’n gebundelde weergawe van haar essays in die hand kon hou, vergaar Wini Esterhuizen van kleins af aan die vonkelstories in Die dag toe ons Krismis gaan soek het.
Wini is geen groentjie in die wêreld van woorde nie. Sy mag dalk afgesonderd op ’n Kalahariplaas by Koës woon, maar is al vir jare ’n gewilde stem op SêNet. Sy voel ook tuis tussen die woordmense wat sy op LitNet leer ken en tydens besoeke aan die Woordfees op Stellenbosch mee saamgekuier het.
Van haar kortverhale is ook in Kollig gepubliseer.
“Omdat ek maar my eie ding doen en nie aan die VLV behoort en kuier nie, het LitNet en Facebook vir my ’n lifeline geword,” sê Wini oor haar aanlyn skryfwerk.
Haar debuutbundel het sowat vyf maande gelede by Protea Boekhuis verskyn en is met groot geesdrif ontvang. Vir leeshongeres was dit nét die regte doepa teen die Covid-somberheid van die grendeldae.
In Junie begin ek en Wini op Messenger gesels oor die moontlikheid van ’n onderhoud.
Ek lees immers self al aan jare lank gulsig aan haar kortverhale op aanlyn platforms.
Ditsem, dog ek toe Aus in Augustus haar mooiste blomrok aantrek, kom ons kry mekaar by Klein-Aus Vista dan kan ons blomme kyk én oor die boek gesels! Maar die president spaait ons en sit ’n Covid-slot aan Windhoek se hek.
Oplaas gebeur dit dat ons verlede naweek by Bastion Farmyard op Mariental kon ontmoet.
Sy skrik nie vir ry nie en vat maklik ’n stofpad. (“Dis darem iets wat ’n mens sommer net kan vat sonder dat die moeilikheid op jou spoor kom loop.” Bl. 186)
Wini vertel sy het vertroue gekry in haar vaardigheid met woorde toe sy ingeskryf het vir ’n kompetisie wat die kreatiwiteitsghoeroe Kobus Neethling jare terug op kykNET aangebied het, en haar stories wen. “Ek het so groot geskrik toe hy my naam sê dat ek sommer die TV afgesit het,” onthou sy.
Haar stories is eg en eerlik, en vol onopgesmukte, ouwêreldse nostalgie. “Dis asof ek my pen se punt ombuig sodat dit soos ’n hekelpen lyk. En dan hekel ek mooi patroontjies in en om my storie.”
Dit voer die leser terug na haar kinderjare in Kuilsrivier waar sy as die jongste van vier, te veel gepraat het en nie geskroom het om ’n ding by die naam te noem nie.
Vakansies by ouma Maggie en oupa Giel in hul huisie op Gamka was van haar wonderlikste tye, onthou Wini. (“Ek het altyd gedog die melkweg loop verby my ouma se huisie. Bl. 11)
Die foto op die stofomslag waar sy, pure Pippie Langkous met haar sproetgesig en rooi vlegsel, saam met haar ouers en ouer suster by Pa se Zephyr pryk, is juis op Gamka geneem.
Teken was vir haar “die lekkerste ding op aarde”. Hoewel sy as amateurfotograaf deesdae ook in haar foto’s ’n kreatiewe uitlaatklep vind, het sy nog planne vir dié talent. Dit is om ’n kinderboek wat sy vir haar seuns, Jaco (24) en Kobus (21), geskryf het toe hulle klein was, te illustreer en uit te gee.
Wini was in Girls High in die Paarl op kosskool en is steeds groot maats met haar kamermaat, Doempie, wat deesdae in Londen woon. Sy was ’n goeie langafstandatleet op skool en spog met WP-kleure. Sing kon sy nooit, sê dié talentvolle vrou. Daarmee is sy hopeloos.
Ná skool studeer sy onderwys aan die Onderwyskollege op Wellington en gaan gee skool op Stanford. Maar ’n ware onderwyseres was sy nooit, en vind later haar heil by Eskom se Megawatt Park in Gauteng.
Voor sy in 1989 met ’n skaapboer van die Suide getroud is en Namibië toe getrek het, woon sy vir tien jaar in Sunnyside, Pretoria. “Ek sê altyd ek het van die Eikebome na die Jakarandas, en van daar na die Kameeldorings getrek.”
Sy is nie juis ’n boer nie, vertel Wini, maar het steeds ’n hart vir hoenders. (“Anders as Ouma, het elke kamer van my hart aan ‘n hoender behoort.” Bl. 31)
Haar dae op die plaas breek aan soos ’n bladsy sonder woorde – vol potensiaal. As sy nie skryf nie, bak en brou sy. Sy hou daarvan om resepte te beproef, sê Wini.
En soms vat sy ’n stofpad. Sy is lief vir Kolmanskop en Lüderitz en by die Spitzkoppe “kan haar kinders maar eendag haar as gaan strooi”.
Wini sê sy is verknog aan die Namibiese landskappe, al is die Kaap haar hartswêreld.
Of daar nog boeke uit haar pen gaan vloei, kan sy nie sê nie. Maar een ding is seker, vol stories sal haar kop altyd wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie