’N KUIER OP KAALKOP
Lloyd Zandberg- Nataniël. O, Nataniël. Wat meer kan ’n mens oor hierdie legendariese individu skryf wat al op verskeie voorblaaie en artikels in tydskrifte verskyn het nie? Regtig? Enige idees? Ons dink ons weet so baie van hom, maar eintlik, dink daaraan, weet ons nie veel nie. Vir iemand wat so beroemd is, is dit uiteraard vreemd.
Om vir iemand te vra of hy al iewers by ‘n koffietafel of langs ‘n kaggelvuur van Nataniël gehoor het, is soos om vir iemand te vra of hy die resessie voel. Al weet jy nie presies wat dit is nie, is die resultate tasbaar. Jy weet van hom. Vermoedelik is daar twee kampe. Diegene wat hom nie verstaan nie. Alles wat hy doen voel ekstra en sonder motief. Sy kostuums lyk soos oorversierde koeke en sy skryfwerk is vervelig. Wat weet hy nou?
En dan kry jy die ander helfte van die koor. Al bring Nataniël môre ’n reeks vadoeke of haarrekkies uit, gaan hul daarvan hou. Hoe dit ookal sy, dit sou baie moeilik wees om nie hierdie persoon as ’n ikoon te sien nie. Al voel jy hoe oor hom. Met 19 boeke, hordes regstreekse vertoning, TV-programme, ‘n kosreeks, binnehuisversierings, 18 albums en verskeie ander verhoogproduksies kan ‘n mens baie van hom sê, maar algemeen is nie een van hulle nie.
Siende dat hierdie ’n fokusartikel is, beteken dit ons krap bietjie dieper as die normale artikel. Maar hoe? ‘n Individu van hierdie kaliber praat nie sommer nie. En wanneer hy praat is dit nie uitpraat nie. Dis heeltemal verstaanbaar.
‘n Besige skedule is gewoonlik relatief. Nataniël se besig aan die anderkant, ís besig. Soos ’n dirigent se arm tydens ‘n Unisa-orkeseksamen. Iewers tussen die skryf van nog ‘n boek, die uitwerk van ‘n resep, die ontvangsaal van ‘n lughawe, voor ‘n beker tee, in ‘n aanpaskamer kon Kollig vir Nataniël vaspen en ‘n paar vrae inwerk.
‘n Man wat ‘n inwoner van die aarde is en seer sekerlik vir die res van sy lewe sal reis, wonder ‘n mens of hy ooit in Namibië sal kan woon.
“Nee. Glad nie. Ek is die hondjie in die Asterix-boeke, die grootste passie in my lewe is bome. Ek woon in ’n woud. Kleintyd het ons elke jaar by my tannie in Walvisbaai kom kuier en op sandduine geklouter, ek het my hart al diep ondersoek, maar daar is geen hartstof vir sand. Dis net bome. Sorry.”
Jy kan nie help om bietjie te lag vir wat hy sê, maar dit maak sin. Hoewel Nataniël inderdaad nooit in Namibië sal kan bly nie, het hy al 35 jaar gelede sy eerste voetspore hier kom neerlê.
“35 jaar gelede het ek ’n paar keer in dieselfde teater opgetree saam met Daniele Pascal. Toe was ek baie jonger en het baie minder werk gehad en het alle partytjies bygewoon waarheen ek genooi is, ek het Windhoek lamgekuier. En het ’n gat in my oor laat skiet by ’n baie nors juwelier in die hoofstraat.”
Die goeie nuus is, dis nou vir diegene wat hom geniet, Nataniël is weer op pad, maar vir slegs twee optredes by die Nasionale Teater van Namibië op 4 en 5 Junie. Hierdie vertonings sluit Afrikaanse en Engelse verhale uit sy loopbaan wat oor 30 jaar strek in. Nataniël sal soos oudergewoonte die verhoog met pianis Charl du Plessis deel en sal nuwe uitrustings deur ontwerper Floris Louw dra.
Dit is regtig ‘n geleentheid om nie mis te loop nie, behalwe as jy deel vorm van daai ander helfte.
Soos hy in sy eie woorde sê: “Ek werk hard, sing ongewone musiek, vertel fantastiese stories en dra ongelooflike klere. Vir 90 minute laat ek julle van alles vergeet.”
Jou keuses is min. Ons almal kan bietjie meegevoer word. Veral in hierdie tyd van ‘n resessie. Gaan skep asem.
Wat aan Namibië is vir jou lekker? Is daar iets spesifieks wat vir jou uitstaan?
Sjokolade. En Duitse eetgoed by daai een winkel watse naam ek nooit onthou nie.
Wat is die grootste verskil tussen Namibiërs en Suid-Afrikaners?
Namibiërs het klaar gevlug, Suid-Afrikaners probeer nog. Dis net ’n grappie. Voor iemand op Facebook begin gil. Ek weet regtig nie. Ek is GLAD NIE sosiaal nie en ken ewe min mense in Suid-Afrika as in Namibië, ek ken net gehore. En hulle is hopelik orals gelukkig.
Reageer Namibiërs anders tydens jou optredes? Lag ons vir dieselfde goed?
Ja, my stories gaan nie oor politiek of ligging nie, dit gaan oor families en individue. Dit gaan oor situasies wat oral oor die wêreld herken word. Ek hoop Namibiërs het beter maniere as baie mense in Suid-Afrika en sit hulle selfone af, dan is almal gerespekteer en gereed vir 90 minute se vreugde.
Verander jy die teks van jou shows sodat dit meer van toepassing op die Namibiër is?
Glad nie. My show verander nooit om by ’n stad of land aan te pas nie. Jy noem nie vir Romeo en Juliet Koos en Anna net omdat jy iewers anders is nie.
Raak jy nog angstig voor elke vertoning? Indien so, hoe hanteer jy dit? Help sjampanje 'n bietjie?
Ek raak verskriklik gespanne en hoe meer ek optree hoe erger word dit. Joga maak my kalm en soms voor die vertoning sal ek ‘n halwe appel eet om my bloedsuiker te reguleer.
Het dit al gebeur dat jy jou woorde vergeet? Wat dan?
Niemand weet wat die woorde moet wees nie, so as dit gebeur, improviseer ek.
Hoe baie tyd en energie gaan in elke vertoning se voorbereidings?
Al my tyd en al my energie, dis wat ek doen, ek werk. Ek ontspan selde, dit gaan my nog doodmaak, maar dis al wat ek ken, die uitdink van stories, musiek, kostuums, beligting en konsepte.
KOM ONS PRAAT NATANIËL
Is jy bang vir oud word? Hoe hanteer jy die effek van tyd?
Ek verpes oud word. Dit is verskriklik. Ek drink baie water, probeer goed slaap, stap kilometers elke dag, drink nie alkohol nie en bly uit die son. Dis al wat vir my werk.
Wat is jou gunstelingbesitting?
My nuutste horlosie. Ek is ’n horoloog, dis die naaste wat ek kom aan ’n stokperdjie. Ek versamel horlosies. Die idee dat mense met twaalf getalle, ’n sirkel en twee of drie wysers dit regkry om duisende ontwerpe te doen, fassineer my.
Jy mag met iemand van jou keuse wyn of tee drink.
Ek sou graag wou tee drink met my vriende. Ek mis hulle te veel omdat ek so hard werk en baie op toer is.
Is daar 'n oomblik in jou loopbaan wat vir jou uitstaan?
Die afgelope vier jaar saam met my broer Erik in Nantes, Frankryk was beslis ‘n hoogtepunt. Classic Nataniël is die show wat tans in party groot teaters te sien is en ek baie geniet. My drie jaar op toer met Mimi Coertse was ook ’n absolute hoogtepunt. En my nuwe boek, CLOSET, is een van die min goed waarop ek regtig trots is.
Hoe voel jy oor 'n backtrack?
In 32 jaar het ek gelukkig nog nooit met ‘n backtrack gesing nie en ek sal ook nooit nie. Mense kan mos my CD luister as hulle dit wil hoor.
Hoe gereeld besoek jy Kaalkop? Of woon jy daar en besoek eerder die aarde?
Ek besoek die aarde en woon permanent op Kaalkop.
Wat doen jy eerste ding in die oggend? Skop jou dag met koffie af?
Gewone tee. Geen koffie. Soos my dokter, my sielkundige en my chiro my geleer het, strek ek heel eerste. Daarna drink ek tee en kyk na my tuin.
Eet jy biltong?
Selde. Ek gril ’n bietjie.
Wanneer skryf jy? En hoe gereeld?
In die oggend - net na die tee. Elke dag.
Hoekom is jy so lief vir Frankryk?
Hulle het dieselfde prioriteite as ek: wetsgehoorsaamheid, kuns is belangriker as sport en ek is omring deur fassinerende geskiedenis en skoonheid. En my familie is daar. En dis veilig!
Katte of honde? Of geen diere?
Geen diere. Ek toer die heeltyd en is soms vir maande in Nantes.
In watter ander beroep kan jy jouself sien?
Ek sou graag ‘n kunshandelaar wou wees. Ek is versot op kuns.
Geen kombuis mag sonder watter drie bestanddele wees nie? Hoekom nie?
Vars suurlemoene - soos vanielje - die veelsydigste geur wat daar is.
Druiwepitolie - gesondste van alle olies
Swartpeper - geen gereg kan sonder dit klaarkom nie.
Vind jy jouself snaaks?
Glad nie. Maar wanneer ek ’n storie skryf, weet ek dadelik wanneer mense gaan lag. Dit bly ’n las om te weet sommige mense verwag dat ek altyd moet snaaks wees, ek weet nie hoe dit gebeur het nie.
Waarheen dink jy gaan ons as ons doodgaan?
Ek is nie aldag seker nie, maar ons gaan beslis na ‘n ander plek. Al hierdie gesukkel kan nie tevergeefs wees nie.
*Kaartjies vir Nataniël se vertonings in Windhoek is by www.computicket.com beskikbaar en kos N$400.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie