'n Kuipstop vir nuwe woema
Ronelle Rademeyer – “Ma, ons is honger. Pa, ons kan nie meer knyp nie! Hoe ver is dit nog tot op die volgende dorp?”
As jy al die lang pad Kaap toe met kinders aangepak het, is hierdie maar alte bekend.
Wat ’n verligting is dit nie as daar dan ’n kuipstop opdoem waar almal kan bene rek en die gemoedere - én die innerlike - laaf.
Kitchen 51, sowat 40 km van Keetmanshoop langs die B1-roete, is een van die bes bewaarde geheime in die Suide.
Dit is op die plaas Geduld van die Wolfaardts geleë. As jy wonder hoekom dit “51” en nie “40” is nie – die “51” verwys na die nommer van die plaas.
By hierdie halfweghawe met sy wingerde, sitrusboorde en padstal cum restaurant, word jy nie net met ’n bobaas cappuccino bedien nie, maar kan jy ook ouwêreldse lekkernye soos mosbolletjies, roosterkoek en kaiings bestel. En daar is gratis WiFi!
Hulle bak daagliks heerlike plaasbrood en hul tuisgemaakte vleispasteie is ’n moet.
Biltong en droëwors, allerlei ingelegde produkte en gebak soos beskuit en koekies is ook beskikbaar. En as jy nog nooit skaapbiltong geëet het nie, moet jy nie hierdie kuipstop misry nie.
Reisigers na of van Suid-Afrika kan ook hulle padtoer so beplan dat hulle hier oorslaap.
Daar is sewe nuwe chalets, waarvan vier vir families ingerig is. Almal is en suite en toegerus met lugversorging en luukse wit linne.
Ontbyt en middagete word in die restaurant bedien, maar op bestelling kan tweegangaandetes in die chalets vir gaste voorgesit word.
Daar is ook ’n gemeenskaplike braaiplek, sou gaste liewer ’n vleisie op die kole wou gooi.
Om ’n bespreking te maak, stuur ’n e-pos na [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie