'n Kultuur van boelie en verstoot
'n Kultuur van boelie en verstoot

'n Kultuur van boelie en verstoot

Dani Booysen
ROOI OLIFANT SKRYF:

Hoekom vaar mense teen Bernadus Swartbooi uit?

Vergeet hulle hoe ongenaakbaar, genadeloos Uutoni Nujoma en sy makkers kan wees? In die verlede was hulle opperste boelies in die parlement en dit was as gevolg van hom (Nujoma) dat Swartbooi uit Swapo is, net omdat hy (Swartbooi) destyds die waarheid gepraat het dat die Aawambo hoofsaaklik net hulself bemagtig en ander Namibiërs uitsluit.

Hulle het hom toe gedwing om verskoning te vra, maar hy het volstrek geweier omdat hy die waarheid lief het, anders as Boois en Kazenambo en andere wat toegegee het aan Swapo se eise.

Sedertdien word Swartbooi op allerhande maniere geboelie. Tog bly hy 'n man van staal, van murg en been.

Swapo het deur die jare hierdie boeliegedrag goedgekeur, soveel so dat dit epidemiese proporsies op gemeenskapsvlak aangeneem het. Oral in die samelewing boelie hulle ander in hul selfgeregtigheid en arrogansie.

En wanneer ander dit doen, is hulle skielik moeilikheidmakers, opstokers, rassiste en dies meer.

Net wanneer dit by die stembus kom, is ons "One Namibia, One Nation" en 'n Namibiese Huis waarin "no Namibian must be left behind" gepreek word, maar agterna word anderrassiges metodies, konsekwent en doelgerig deur middel van diskriminasie verstoot, uitgesluit, mishandel, ontmagtig en verarm.

Deur al hierdie dinge was en is die sogenaamde vader van die nasie, die president en ander leiers stil soos die graf en hulle laat hierdie wydverspreide boeliegedrag en minagting van andere ongestoord toe. Solank dít gebeur, sal Namibiërs nooit ware vrede kan smaak nie - net op papier, want onmin en verdeeldheid is juis euwels waarop Swapo reken om hul agenda van stille diktatorskap deur "divide and rule" suksesvol uit te voer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!