'n Kultuur van verontagsaming
'n Kultuur van verontagsaming

'n Kultuur van verontagsaming

Mandy Rittmann
WILLEM DE WET SKRYF:

Vanmôre, net so 'n paar kilos noord van Rehoboth, kom ja 'n motor met 'n Rehoboth-registrasiemerk (nommer verskaf) op 'n sperstreep by my verby. Asof iets hom jaag.

Wou eers toeter druk en ligte flits, maar kry beheer oor myself en ry rustig verder.

Net so voor Omeya haal ek dieselfde kakie Legend in en sit maar weer gedweë agter hom en waaragtig: daar trek hy, weer oor 'n sperstreep en die keer sommer 'n paar motors tegelyk verby.

Soos die toeval dit wou hê, haal ek hom net voor Regenstein weer in en dit lyk of die man 'n verskriklike vrees het vir my wat agter hom intrek, want die keer vlieg hy weg en gebruik die geelgeverfde eiland as 'n verbysteekbaan om van my weg te kom. Kom by die verkeerslig by Trade Center en hier sit hy in sy kakie vuurwa langs my en wag vir die lig om groen te slaan.

Nou vra ek met trane in my oë: waaroor die blatante verontagsaming van die verkeersreëls en doodsveragtende verbysteektoertjies uitgehaal moet word as hy dieselfde tyd as ek by die bestemming aankom? Is dit nodig?

Probeer hy sy ander vier passasiers met sy ryvernuf beïndruk of is dit maar net 'n verontagsamingskultuur wat besig is om soos 'n coronavirus onder ons padgebruikers te versprei en stelselmatig besig is om ons land 'n reputasie te gee as een van die gevaarlikste padgebruikersomgewings in die wêreld? Vertel my hoekom . . .

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!