'n Laaste bietjie eer
'n Laaste bietjie eer

'n Laaste bietjie eer

Dani Booysen
Die beleërde minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, se versoek aan president Hage Geingob om haar onmiddellik van haar pligte te onthef, was die enigste eerbare uitweg.

Vir haarself, vir die regering en vir Swapo.

Hierdie stap, aan die media gekommunikeer kort voor 16:00 gister, strook egter nie met “Orkaan Katrina” se erkende beeld as 'n hardvogtige bittereinder nie. Kort ná haar skuldigbevinding aan korrupsie Maandag het Hanse-Himarwa nog belowe sy sal nie haar kantoor ontruim nie.

Selfs die oningeligtes moet aflei daar is hard agter die skerms gepraat en dat die “bedankingsbrief” nie noodwendig uit eie beweging neergepen is nie. Vasbyt kon Hanse-Himarwa egter net van nog meer eer gestroop het.

Sy maak dit wel duidelik dat sy enduit in die hof vir haar onskuld sal veg. Ondanks regter Christie Liebenberg se uitvoerige uitspraak skets Hanse-Himarwa haarself steeds as 'n slagoffer van “ongegronde aantygings” – selfs al is sy in haar bedanking bereid om die nasie om verskoning te vra.

Die bedekte seën: Hanse-Himarwa se bedanking maak dit vir Geingob moontlik om deur sy keuse van 'n plaasvervanger opnuut te probeer om Namibië se sukkelende onderwysstelsel reg te ruk. 'n Slim besluit is nodig om nuwe lewe in hierdie sleutelministerie te blaas.

'n Ja-en-amen kameraad is nié die oplossing nie.



So sê ander

9 Julie 2019



How Rio cheated Chicago and won Olympic gold



How much did it cost to suck the air out of Chicago 10 years ago when the city was abruptly pushed out of the race to host the 2016 Summer Olympics?

About $2 million, according to Sergio Cabral, a jailed former governor of Rio de Janeiro state.

Not that Chicagoans should be shocked by these allegations. The Olympics host-selection process has a history of being a hot mess.

What felt like a unique moment in time to pursue the Games was lost. Chicago had President Barack Obama, Oprah Winfrey and Michael Jordan on its side, and a strong business presence led by Chicago 2016 chairman Pat Ryan.

For Rio, it was a Pyrrhic victory. Prominent leaders went to jail and the press wasn't good. Raw sewage contaminated water where athletes were to compete. There was an outbreak of the Zika virus. President Dilma Rousseff had been impeached. An IOC official complained that it was the worst runup to the Games he'd ever seen. Cry us a filthy river.

If Cabral's story is true, somebody simply knew somebody who could be bought for the right price, and it changed the course of Chicago. While athletes stretched to reach new heights, politicians flexed only to extend palms for greasing.

It's not a new story. This city is just accustomed to grifters who hold office closer to home.

• CHICAGO TRIBUNE

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer