'n Lansie gebreek vir die vuisvegters met handskoene
Andrew Poolman - Soos elders op die planeet is boks en boksers gewoonlik nie ver van die hoofopskrifte in Namibië nie.
Enkele weke gelede het Julius Indongo die sport weer op die voorgrond geplaas deur gewis die grootste skok van 2016 in die bokswêreld te lewer. Nooit was hy veronderstel om binne minder as 'n minuut sy Russiese opponent “van sy sinne” (en sy twéé wêreldtitels) te beroof nie.
Feitlik terselfdertyd is in voorbladberigte bespiegel of die promotor, Nestor Tobias, dalk een van die witbroodjies was wat bloot danksy hul bekendheid voorkeurbehandeling in stadsake kry. Die berigte verwys na sy aansoek om die toekenning van grond in Windhoek vir die oprigting van 'n boksakademie.
In sommige opsigte sukkel boks (en ander gevegsporte) steeds om in die hoofstroom werklik aanvaar te word. 'n Ontledende berig deur 'n prominente Britse bokswebblad het onlangs insiggewende perspektief op die voordele van boks as 'n sport uitgelig.
Dit is 'n onvermydelike waarheid dat beserings 'n werklikheid in die kryt is en dat dié risiko selfs hoëprofiel beroepsboksers in die gesig staar. Die inherente voordele van die sport weeg egter swaarder as enige fisieke nadeel, het dr. Mike Loosemore, as een van die sport se vernaamste mediese deskundiges, gesê. Hy was onder andere vanjaar die spandokter vir Brittanje by die Rio 2016 Olimpiese Spele.
In 'n era waarin vetsug kommerwekkende afmetings aanneem, is boks 'n forum waar mense geleer word hoe om hul liggaamsgewig konstant te hou of tot 'n sekere vlak af te bring en te verstaan hoe liggaamsgewig werk. Jong manne en vroue in die sport sal ook minder geneig wees om te rook of baie te drink, want as jy nie fiks is nie, word jy raakgeslaan en jy leer 'n pynlike les om dit nie te doen nie, sê Loosemore.
Ook op 'n sosiale vlak kan boks deure open wat andersins onwaarskynlik sou wees. Dit is nie vir elkeen beskore om met akademiese kwalifikasies aansien in die gemeenskap of in 'n portuurgroep te verwerf nie.
“Deur te boks en deur fisieke dapperheid te wys teen iemand van jou gewigsklas en van soortgelyke ervaring in 'n een-teen-teen-situasie, verg beslis 'n mate van durf. Dit is nie 'n spansport nie; jy is op jouself aangewese en dis nie speletjies om raakgeslaan te word nie. Dit op sigself gee jou aansien onder jou portuurgroep. Dit beteken dat jy nie op 'n pad van kriminele bedrywighede hoef te beland om aanvaar te word nie. Dit help om mense 'n sin vir doelwitte en rigting in die lewe te gee.
“Ek dink boks is werklik 'n belangrike sport in die gemeenskap in die algemeen. Dit bereik veral gebiede waar ander sportkodes nie kan bykom nie. Roei of skiet of perdry is nie vir almal só toeganklik nie. Rugby en perdry kan albei baie gevaarlike sporte wees, maar net so kyk buitestanders hoe mense in 'n bokskryt mekaar slaan en daarom dink hulle dis 'n onding. Terwyl dit inderdaad 'n baie positiewe ding vir die gemeenskap is,” sê Loosemore.
'n Britse politikus lei intussen 'n parlementêre ondersoek om vas te stel of betrokkenheid by boks die risiko vir mense met kriminele rekords verlaag om weer te oortree.
“Ons kyk na die kans dat boks oor iemand se pad kan kom en die verskil maak of die Olimpiese Spele of die tronk hulle voorland is. As jy kyk hoeveel dit kos om 'n boksklub te bestuur, is dit minimaal in vergelyking met wat dit die staat kos om groter probleme soos rehabilitering van 'n enkele individu te hanteer,” sê die parlementariër Charlotte Leslie.
In hierdie dae waarin soveel van ons plaaslike sporte finansieel aan die agterspeen suig – veral vanuit die geledere van die regering – kan só 'n perspektief opnuut aan die besluitnemers iets gee om oor na te dink.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie