'n Lansie vir toerisme
WILLEM DE WET SKRYF:
Ek was in toerisme en het die bedryf verlaat as gevolg van baie faktore wat my lewe in ’n nuwe rigting gestuur het, maar ek bly in my hart nog ’n toerismemens.
Ons leuse was jare gelede ”tourism is everybody’s business”. Ons het wenkbroue laat lig in sektore wat gedink het ons is arrogant om te dink die toerismedraad raak almal, maar ons was reg.
Toe die vliegtuie in motballe en watte toegedraai word, toe land daar vele manne se vliegtuie. Hulle drome raak nagmerries en hulle begin ook die reuk van motballe in die neus kry.
Maar glo dit of nie, die huigelaars laat geen steen onaangeraak om hul toorn, gebore uit eie onkunde, luidkeels uit te basuin nie. Die bedryf wat as een van die topdrie genereerders van BBP aan talle werk en ’n lewe verskaf, word afgekraak en ondermyn in pogings om corona te oorleef.
Afslag in afseisoene en in nood is nie uniek aan toerisme nie, maar die reaksie op die afslag is uniek.
As die winter kom, storm almal na winkels en koop afgemerkte someritems asof dit uit die mode gaan. Niemand weier die aanbod nie, want die winkels het mense in die somer deur die muisval getrek met hul pryse. Moet ons nou nie meer die winkels ondersteun nie omdat hulle ons gemelk het?
Die versekeringsmaatskappye gee nou skielik afslag en betaalvakansies. Ek hoop die knorpotte kanselleer ook hul versekering.
Banke gee beter tariewe en betaalvakansies. Gaan die klaers oor toerisme hul sente onttrek en dit voortaan onder hul kopkussings bêre?
Afslag op motors noop hulle seker om hul karre te gaan teruggee. Ek hoop hulle wys ook die landlords se aanbod van afslag op huur van die hand.
Die beterweteriges, maak nie saak in watter bedryf hulle is nie, mag geen spesiale aanbiedinge adverteer nie, want dan het jy mos ook al die tyd mense misbruik - verbruikers wat jou dus nie verder kan ondersteun nie.
Toerisme is soos enigiets anders ’n produk op die rak. Koste, aanvraag en ander faktore bepaal die prys van die produk.
Mense in toerisme en ander bedrywe het geen hulplyn vir subsidies nie. Ons #@# en betaal.
Dieselfde manne wat so kla oor toerisme betaal nou tot N$600 vir ’n flessie horlosie-olie. Dieselfde manne wat duur vuurwaens ry en oorsee vakansie hou.
Dis die manne wat geen koste ontsien om kaartjies vir toetsrugby te koop, ’n vliegtuig vir hulle en hul maters huur en in vreemde stede en stadions met hul dik beursies gaan pronk nie. Hulle woon in oorgewaardeerde spoghuise, drink net enkelmoute, dra snyerspakke en koop op vendusies, maar dring aan op afslag.
Hul besighede maak net enkelsyferwinste en hul wys afslag en groter profyt van die hand. Hulle koop net die duurste rou materiale en betaal mense topsalarisse.
Mag ek ook eendag daar kom . . .
My maat, jy is geseënd en ek hoop jou son bly skyn. Bly by jou huis en stik in jou ootmoed.
Ek is die ou wat die afdankings doen en die gemeenskappe om my in die oë moet kyk omdat hul lewensdraad in die tang gedruk is. Ek moet onheil oor ander lewens uitspreek en het regtig nie nou jou wyshede nodig om my lewe nog verder te versuur en my nog minder te laat slaap nie.
Gaan koop jou duur patats by jou duur winkel en wys alle afslag van die hand. Betaal jou mense hul volle salarisse en drink jou blou label, eet kaviaar en vlieg oorsee saam met vriende wanneer jy weer kan.
Sit tog jou naam by die uitlatings uit jou gifpen en meld wat jy doen.
Covid-groete

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie