'n Lied vir dr. Japie

‘Groet sonder woorde’
Namibiese kunstenaars het onlangs hande gevat om hulde te bring aan wyle dr. Japie van Zyl deur 'n weergawe van Koos du Plessis se “Groet sonder woorde” op te neem.

“Japie was 'n uitnemende ­wetenskaplike wie se bydrae tot ruimtelike navorsing ons begrip van die heelal verbreed het,” sê hulle.

Die “ruimteman” is in Augustus vanjaar op 63-jarige ouderdom aan 'n hartaanval dood.

Die bekroonde filmmakers Linda de Jager en Andrew Botelle en kragte saamgespan met die operasanger Glaucio Ngaca om die lied in Japie se ­herinnering op te neem. Die lied is deur Sonja Majewski in Windhoek ­opgeneem.

“Dit was vir ons belangrik om hulde te bring aan so 'n merkwaardige man wat soveel van homself aan die wêreld gegee het en weer en weer na sy vaderland teruggekeer het om sy passie vir wetenskap te deel,” sê De Jager.

“Ek het Koos du Plessis se 'Groet sonder woorde' gekies omdat dit ons gevoel van verlies, om 'n pragtige siel te verloor wat die weg gebaan het vir baie Namibiërs om hul drome te volg en in hul natuurlike talente te glo, perfek vasvang. Japie se ongelooflike leierseienskappe, vriendelike deernis en passie vir ons land het soveel harte en lewens geraak – ook my eie. Hiermee wil ons 'n ware Namibiese held onthou.”

Die lied eindig heel gepas met die woorde: “Ek groet sonder woorde, want hartseer is stom.”

Die lied is op 7 Desember uitgereik en die video kan op YouTube by https://youtu.be/y4KSPtJ0pFk gekyk word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!