'n Ligstraal genaamd Sarafina
Tanja Bause - Ek werk nou al die afgelope 23 jaar vir verskillende koerante. Vir sowat 14 jaar skryf ek gemeenskapstories en, hoewel dit vir my baie lekker is om oor ons land se wonderlike mense te skryf, eis dit ook soms sy tol.
Mens word hard en afgestomp so deur die jare – veral as ek oor armoede en arm mense skryf. Armoede is aan die toeneem en al meer mense kry bitter swaar.
Al meer mense besoek ons kantoor in die hoop dat ek 'n storie oor hul omstandighede sal skryf en in die koerant plaas sodat hulle hulp kan kry.
Dit is natuurlik nie iets wat ons kan doen nie, want daar is duisende mense met wie dit sleg gaan. Duisende mense wat nie werk het nie of wat onlangs hul werk verloor het, mense wat honger is en koud kry.
Maar elkeen wat by die kantoor opdaag, dink sy omstandighede is uniek en hy moet gehelp word.
Sou ek 'n storie doen oor een van dié mense is ek seker sal daar môre 'n honderd wat in dieselfde situasie is, by die kantoor opdaag. Ek verstaan mense is moedeloos en soek net hulp – daar is net te veel.
So, ek skryf oor mense of organisasies wat sulke mense help en bietjie verligting bring waar hulle kan.
Een so persoon is Cat Adams, oor wie ek 'n fokusartikel geskryf het.
Sy versamel klere en kos en deel dit aan mense in nood uit.
Sy sorg ook vir honde in Swakopmund se informele nedersettings, nuwe mammas in staatshospitale en bejaardes in ouetehuise.
Ná die artikel oor Cat in die koerant verskyn het, het ons ontvangsdame, Gisela, my eendag gebel en gesê iemand wag voor by ontvangs vir my.
Siniese ou vrou wat ek is, het ek onmiddellik weer gedink dis nou weer iemand wat 'n artikel vir hulp soek.
Ek het vorentoe gestap en my toespraak reeds in my kop begin voorberei oor hoekom ek dit nie kan doen nie.
In die voorportaal het 'n vrou gestaan. Sy het 'n sak vol klere in my arms gedruk en die koerant met die artikel oor Cat Adams oopgemaak.
“Gee dit vir die kind. Sy kan dit vir mense gee wat dit nodiger as ek het,” het sy gesê.
Sy wou glad nie haar naam verskaf nie, omdat dit nie belangrik was nie, het sy gesê.
Belangrik vir haar was net om iets vir iemand anders te kan gee wat swaarkry.
“Kan ek weer kom en linne bring?” het sy gevra.
“Ek is 'n huishulp en sal my werkgewer vir ou linne vra en dit ook kom afgee, dan kan die meisie dit ook uitdeel,” het sy gesê.
En sy hét teruggekom . . . met twee sakke vol linne.
Met die tweede besoek het sy haar naam baie skaam gefluister – Sarafina.
Sarafina, ek wil vir jou baie dankie sê.
Dankie dat jy, wat self nie baie het nie, jou hart oopmaak vir mense wat ook min of minder het.
Baie van ons landsgenote kan hieruit leer, jou voorbeeld volg en ook bietjie gee.
Baie dankie vir jou omgee en jou groot hart. Baie dankie dat jy my geloof in my landsmense weer so ietwat herstel het.
Ek het nuwe moed en kan sien ons almal kan mekaar saam help en 'n verskil maak met dit wat ons wel het en kan afstaan.
Baie dankie, Sarafina, dat jy dié siniese ou vrou vir 'n oomblik die lig aan die einde van die tonnel laat sien het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie