’n Luuksemark vir skaap?
Die toekoms hou groot vrae, maar ook uitstekende geleenthede vir skaapboere in veral Afrika in, meen ‘n kenner.
Elvira Hattingh - Pryse vir skaapvleis styg internasionaal sóveel dat dit binnekort ‘n nismark mag betree, wat die totale handelsvolume sterk kan laat afneem.
Die Spaanse lewendehawe-ekonoom mnr. Ernesto Reyes, van die Reading-universiteit in Engeland, het gaste by die afgelope 17de Agri Benchmark Bees- en Skaapkonferensie buite Windhoek oor die mededingendheid van Namibiese skaapproduksie in die wêreldmark toegespreek.
Reyes sê skaapuitvoerlande is baie tevrede daarmee dat pryse vir hul produk voortdurend styg en meen “gesonde internasionale aanvraag” daarna van veral China sal in die lang termyn hoë pryse vir beide skaapvleis en -wol beteken.
“Oor die afgelope 15 jaar het die prys vir skaapvleis met 40% gestyg, terwyl die pluimveebedryf slegs ‘n 6%-styging getoon het, en die varkbedryf ‘n styging van 31%.
“Die uitdaging met dié prysverhogings is dat die skaapsektor moontlik ‘n nisprys gaan bereik. Wil ons dit doen, want ons stuur sekerlik hierop af?” het Reyes gevra.
Hy het gesê die internasionale skaapbedryf het tans die vermoë om genoeg skaapvleis te lewer, en wêreldwyd brei skaapboerdery steeds uit.
“Dit beteken ons kan al meer skaapvleis uitvoer, maar is ons nie besig om die toppunt van vleispryse te haal nie.
“Daar is ‘n risiko dat die skaapsektor ‘té suksesvol’ kan raak en luukse markte kan betree, wat daartoe kan lei dat die totale handelsvolume verlaag,” het Reyes gewaarsku.
Volgens hom is daar vier tydperke van relatiewe bestendigheid in die geskiedenis te bespeur wat wêreldpryse vir die skaapbedryf betref.
“Die langtermynneiging is die prys vir skaapvleis groei bestendig en word veral deur klimaatsverandering en die droogte in Australië veroorsaak.
“Internasionale pryse is baie wisselvallig – hoewel die neiging tot groei voortduur,” het Reyes gesê.
Die wisselvalligheid word glo deur ekonomiese krisisse, oliepryse asook klimaatsverandering meegebring en sal na verwagting voortduur.
BOERDERY WêRELDWYD
Die wêreld se toptien-uitvoerders van skaapvleis sluit in Australië en Nieu-Seeland, wat by verre die grootste is, gevolg deur Engeland, Spanje, Nederland, Uruguay, Amerika, Roemenië, Duitsland en Frankryk.
Die grootste invoerders is onder meer China, Amerika, Engeland, Frankryk, Duitsland, Hongkong, Nederland en Kanada.
Reyes het aangedui skaapgetalle wêreldwyd toon sterk groei.
“Sowat 50% van alle skaapboerderye kom in minder as 3% van wêreldlande voor, naamlik in Afrikalande, Asië en Australië,” het hy gesê.
“Plekke waar sterk groei van skaapkuddes steeds voorkom, is Afrika, Australië, Nieu-Seeland en Asië.
“Dieselfde neiging is by die produksie van skaapvleis te bespeur – net sowat 5% van wêreldlande produseer tot 60% van alle skaapvleis in die wêreld,” het Reyes gesê.
“As die produksie van skaapvleis tussen 2014 en 2016 met produksiesyfers van tussen 2004 en 2006 vergelyk word, het lande soos China, Australië en sekere Afrikalande groei getoon.”
Reyes sê na verwagting sal skaapvleisproduksie ‘n sterker groeikoers toon as tydens die vorige dekade, en veral in China sal ‘n reusevraag daarna ontstaan.
“Groei in skaapvleisproduksie sal nie vanuit ontwikkelde lande kom nie. Australië en Nieu-Seeland sal nie méér skaapvleis kan produseer nie. Om te kan voldoen aan die groeiende vraag na skaapvleis sal daar na ontwikkelende lande in veral Afrika en Asië gekyk moet word. Wie gaan in hierdie vraag voorsien?”
Só VERGELYK NAMIBIË
Reyes sê in vergelyking met skaapboerderye wêreldwyd lyk Namibiese skaapboerderye se winsgewendheid en die pryse wat vir skaapvleis betaal word nie te sleg nie.
“Trouens, Namibië val in dié opsig onder die wêreld se top-25%. Tog lyk Namibiese skaapplase wat betref die totale opbrengste en die aantal lammers wat gespeen word, baie sleg en val die land onder die wêreld se 25% swakste presteerders.
“Namibiese skaapboerderye vaar ook uitsonderlik goed as dit by hul totale koste, voerkoste en geleenthede kom, terwyl die hoeveelheid lewende gewig wat verkoop word, gemiddeld is,” het Reyes gesê.
Hy sê beleidsveranderinge in 2013 rig ’n sterk uitdaging aan die Namibiese skaapbedryf.
“Dit kan gesien word aan ‘n drastiese daling in Namibië se skaapkuddes. Tog het die plaaslike verbruik van skaapvleis sedert 2013 gestyg, hoewel die produksie van skaapvleis ook voortdurend daal.”
Namibiese skaapvleis word uitgevoer na hoofsaaklik Suid-Afrika, maar ook Noorweë, Botswana, Angola en Frankryk, sê hy.
“Tog is daar sedert 2013 ook ‘n sterk afwaartse neiging in uitvoere.”
Reyes het twee Namibiese skaapplase met 39 eweknieë in 19 wêreldlande vergelyk, wat gewys het Namibië het in 2018 ondergemiddeld presteer wat betref die totale lewende gewig per ooi wat verkoop word.
“Dit is ‘n manier om produktiwiteit te meet. Die internasionale gemiddeld is 40 kg, terwyl die twee plase in Namibië se gemiddeldes onderskeidelik 22% en 12% laer was.
“Nog ‘n manier om produktiwiteit te meet, is om die aantal gespeende lammers per 100 ooie per jaar te tel. Die internasionale gemiddeld is 112, terwyl die twee plase in Namibië onderskeidelik 33% en 24% swakker as dié gemiddeld gevaar het,” het Reyes verduidelik.
“Namibië vaar wel bogemiddeld as dit by speengewig kom. Die internasionale gemiddeld is 28 kg lewende gewig, met die twee Namibiese plase wat onderskeidelik 18% en 21% beter gedoen het.
“Die internasionale gemiddelde prys vir skaapvleis per kg is sowat US$3,01, terwyl die twee Namibiese plase net minder of meer as US$2 ontvang het en tussen 36% en 23% minder as die gemiddeld betaal is,” het Reyes gesê.
Wat opbrengste betref, kry Namibiese skaapboere ook die swaarste.
Internasionaal staan dié syfer op US$440 per 100 kg lewende gewig, terwyl die twee Namibiese plase onderskeidelik 52% en 42% kleiner opbrengste getoon het.
“Namibiërs het die voordeel dat die koste van hul ooi-ondernemings tussen 50% en 61% laer is as die internasionale gemiddeld, wat op sowat US$524 per 100 kg lewende gewig staan,” sê Reyes.
Voerkoste vir Namibiese skaapboere is ook tussen 48% en 62% laer as die wêreldwye gemiddeld.
Winsgewendheid per 100 kg lewende gewig staan op ‘n internasionale gemiddeld van US$79.
Reyes het daarop gewys dat die een Namibiese plaas se winste 52% minder as die internasionale gemiddeld is, terwyl die ander een s’n 48% hoër is – soortgelyk aan plase in Australië en Suid-Afrika.
INTERNASIONALE UITDAGINGS
Reyes sê vier faktore sal ’n impak op die wêreldwye produksie, verbruik en handel van skaapvleis hê.
Klimaatsverandering is een, en ’n uitstekende voorbeeld hiervan is die ernstige droogte wat dit in Australië veroorsaak het, wat die skaapsektor in die toekoms voortdurend sal raak.
Die tweede is die voorkeure van China se middelklas, asook Amerika se internasionale handelsbeleid.
“Die handelsoorlog tussen Amerika en China sal verskillende bilaterale uitdagings meebring. As jy ‘n vriend van Amerika is, sal daar verwag word dat jy soos hulle moet optree – anders is jy téén hulle. Brexit sal ook ‘n uitwerking hê,” het Reyes gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie