'n Ma se seer
'n Ma se seer

'n Ma se seer

Mandy Rittmann
BAIE TELEURGESTELDE MA SKRYF:

Ek is so ’n diep teleurgestelde ma.

Het twee seuns gehad. Het pa en een seun vier maande uit mekaar verloor aan die dood. U sal opmerk dat ek geen name gaan noem nie.

Van die begin van my weduweeskap het ek probleme met my oorlewende seun.

Ek weet nie meer hoe om te bid vir hom nie. Op 6 Januarie 2018 het hy by my huis aangekom en kom vrede maak. Hy beweeg by my verby, asof ons niks van mekaar is nie. Is daar nog ouers wat sulke gevalle het? Ek sê ouers kan tien kinders groot maak, maar nie eens een kind kan sy ma versorg nie.

Verstaan my mooi. Geldelike hulp het ek nie van hom nodig nie. Ek het 40 jaar gewerk. Kyk bietjie rond en kyk hoeveel van sy pa se besittings het hy al alles verkoop.

Hoe bid ’n mens vir so ’n kind? Ek is raadop! Kom leen geld, ek sal daardie tyd afgee, dis nou al vier maande later. Nog geen sent nie.

Ek het gepraat oor goed wat verkeerd is, en nou is ek die vark in die verhaal. As ek gepraat het, sou dit op hofsake uitgeloop het, maar om hom te beskerm, het ek stil gebly. Dis so waar as wragtag nog nie te laat nie. Ek het alle bewyse.

Hy kry ’n plaas en huis waarin al ons meubels is, tot my trou-slaapkamerstel is nog in die huis.

Ek was sewe jaar laas op die plaas. Rede: jy’s nie welkom nie. Ek eet nie vleis nie. Ek vermoed maar daar is weinig diere oor, want hy verkoop gereeld vee op vendusie.

Die dame by die hof het in 2014 gevra of hy my eie kind is. Ek het vir haar gesê ja.

Hy is vir niemand en niks bang nie. Ek het al telke male gevra, is jy nie bang vir die Here oor jou doendinge nie?

Ek is ’n vrou van 71. Kan nie alles meer self doen nie, al sukkel ek my malle verstand af. Moet ander mense vra om iets vir my te doen, of mee te help.

Hy was beveel om 200 bokke en lammers te verkoop en aan my die geld te gee; niks het daarvan gekom nie. Hy is onaantasbaar.

My oorlede seun het ’n dogtertjie wat ek een jaar en nege maande laas gesien het. Ek het vir haar gesê jy is jonk, ek sal nie kwaad wees as jy weer trou nie. Sy alleen weet wat die rede was hoekom hy sy lewe geneem het.

Haar ouers kan die kleinkind sien. Pa ry rond met my seun se bakkie, wat sy pa klaar betaal het toe hy afgetree het. Sy het vir haar ma ’n kar gekoop uit my kind se polisgeld.

Ek moet ’n afspraak maak om my kleinkind te sien. As ek gelukkig is, kan ek 'n afspraak kry, maar ook net vir 30 minute, onder haar toesig.

Ek is nie ’n monster nie. Het sielkunde studeer. Weet hoe om teenoor kinders op te tree.

Sy is weer getroud en ek hoop die man is net so lief vir my kleinkind as wat my seun was. Hy sou sy lewe vir die kind gegee het.

Ek moet 87 km ry, as ek gelukkig is om ’n afspraak te kry. Hulle kom na ons dorp (haar geboortedorp). Wat is dan so verkeerd om ’n draai te kom maak? Sy het dan in my huis geslaap as hulle die dorp besoek het.

Ek vra vandag hulp by mense. Ek was nooit ’n slegte ma nie.

Vir my kleinkinders is ek baie lief, net so vir die seun wat my afgeskryf het se vrou. Ek haal my hoed af vir haar, want wragtie, sy moet baie verdra.

Is daar nie sielkundiges wat die seun kan help nie? Dit kan mos nie so aangaan nie.

Ek het besluit dat hy nie eendag ’n korrel sand op my graf moet gooi nie. Soos hy op ’n afstand was met sy pa se begrafnis.

Hy, ek en ander weet hoekom. Ek het gepleit, gesoebat, gebid en daardie dag toe die brief getik moet word, toe is die dorp se krag af.

My Meester, help my asseblief met hierdie kind. Ek het my huis verkoop, want ek kon die alleenheid nie meer staan nie. Toe ry hy vragte goed daar weg.

Gelukkig het ek goeie vriende in die 47 jaar gemaak in Namibië.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!