'n Makro-mark wink met Macron
’n Meer positiewe sentiment is Maandag op aandelebeurse verwag nadat Emmanuel Macron Sondag die Franse presidentsverkiesing oortuigend gewen het teen die verregse Marine Le Pen.
Asiatiese markte buite China het reeds Maandag fluks geklim danksy die optimisme oor ’n internasionale ekonomie wat kan verbeter ná Macron se oorwinning.
Die rand het Maandagoggend wisselvallig teenoor die euro verhandel, asof handelaars nie presies geweet het wat die implikasies vir die valutamarkte kan inhou nie. Die rand het aanvanklik van R14,80 tot R14,75 teen die euro versterk, maar daarna kortstondig tot soveel as R14,86 verswak voordat dit na die vlak van R14,80 teruggekeer het.
Ontleders meen dis meer weens die euro wat teruggesak het teen ander geldeenhede ná ’n positiewe lopie in afwagting van ’n Macron-oorwinning.
Citigroup verwag Frankryk sal onder Macron as president in ’n rigting beweeg wat meer pro-sake, pro-EU en pro-hervormings is. Frankryk se betrekkinge met Duitsland sal na verwagting verbeter.
Van sy voorstelle om Frankryk meer sakevriendelik te maak sluit die verlaging van maatskappybelasting in.
Shane Oliver, hoof van beleggingstrategie by AMP Capital Investors in Sydney, Australië, het aan Bloomberg gesê Macron se oorwinning sal waarskynlik nuwe lewe gee aan Frankryk en Duitsland se pogings om die eurosone te versterk. Dit sal positief wees vir beleggingsmarkte. Franse en Europese aandeelpryse in die algemeen is reeds meer as 6% hoër sedert die eerste ronde van die verkiesing, en Oliver meen dus baie van die positiewe aspekte is reeds ingeprys in die mark.
Japan se Topix-indeks het Maandag tot sy hoogste vlak sedert Desember 2015 gestyg nadat Amerikaanse aandele Vrydag op rekordvlakke gesluit het in reaksie op beter as verwagte arbeidsyfers.
Chinese aandele was wel laer weens die regering se stappe om die finansiële markte strenger te reguleer. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie