''n Mens teel nie van dag een af kampioene'
Elvira Hattingh – Die Jonerus Charolaisstoet is in 1996 begin, hoofsaaklik as die Gobabis-boer, mnr. Bertus Calitz, se stokperdjie en ook om vir homself bulle te teel om in sy kruisteelprogram te gebruik. Vandag bestaan sy stoet uit 180 diere.
Intussen is hy ook in 2015 as Agra se nasionale kampioenteler van speenkalwers aangewys.
Agra bied jaarliks tussen Julie en Augustus sy nasionale speenkalfkampioen-kompetisie aan, tesame met sy gewone speenkalfveilingswat oral in Namibië gehou word. Die kalwers word in twee kategorieë beoordeel – naamlik vir hul veld- en voerkraalpotensiaal. Hulle word ook volgens bouvorm, groeipotensiaal en eenvormigheid beoordeel.
In elke streek word wenners aangewys wat om die nasionale titel meeding. Calitz het verskeie kere reeds die prys vir die kalwers met die beste voerkraalpotensiaal in Sentraal-Namibië gewen en hy is verlede jaar as die nasionale kampioenteler van speenkalwers gekroon.
Volgens hom soek voerkrale speenkalwers met ‘n goeie groeipotensiaal, beenstruktuur, bouvorm en voeromset.
Begin met goeie gehalte diere
“’n Mens teel nie van dag een af kampioene nie. Dit kom deur middel van volgehoue seleksie vir net die beste diere. As jy begin boer, begin eerder met ‘n bietjie minder diere wat van goeie gehalte is, as met ‘n klomp swak diere van ‘n swakker gehalte,” sê Calitz.
“Om kalwers te teel met ‘n goeie groeivermoë en karkaseienskappe, moet jy spesifieke koeie en bulle vir jou kruisteelprogram selekteer. Hulle moet bogenoemde eienskappe hê en ook die potensiaal om hierdie eienskappe selfs te verbeter.
Calitz se speenkalwers is hoofsaaklik Charolais- en Brahmaan-kruisings.
“Ek het op hierdie twee rasse besluit nadat ek die Charolais met verskillende ander rasse gekruis het en gesien het dat die kruising met die Brahmaan die beste presteer in die omgewing waar ek boer,” sê hy.
Calitz boer noordoos van Gobabis in die Drimiopsis-gebied. Volgens hom bestaan daar iets soos basterkrag en hou dit die voordeel in dat jy die beste eienskappe van twee diere wat jy kruis, in een dier kan vasvang.
Voeromset
Calitz teel self sy vervangingsverse en selekteer hulle volgens bouvorm, groeipotensiaal, melkproduksie en aanpasbaarheid op die veld. Hy stem saam dat melk vleis maak, maar sê dit is ook nodig om vir ander eienskappe te selekteer om seker te maak jy teel ‘n dier wat maksimum vleis op minimum onderhoud kan produseer.
Voeromset is ‘n baie belangrike eienskap om voor te selekteer, meen hy.
“Dit is net logies dat as dier A 4 kg vreet om 1 kg vleis aan te sit, is hy beter as dier B wat 6 kg kos moet vreet om 1 kg vleis aan te sit. Ek probeer dus ook om vir goeie voeromset te selekteer deur bulle te gebruik wat in hierdie opsig goed vaar.
Speenkalwers
Calitz se kalfpersentasie is 90% en sy speenpersentasie 87%. Hy het ‘n dekseisoen vanaf Februarie tot April en gebruik een bul op 25 tot 30 koeie.
“Die gemiddelde speenouderdom is agt maande en ek speen al my kalwers op een slag,” sê hy. Op 220 dae weeg sy kommersiële speenkalwers tussen 230 kg en 250 kg.
“Ek is baie dankbaar dat die droogte my nie te ernstig geraak het nie. Ek het 67% van my normale reënval gekry, maar as gevolg van my ontbossingsprogram en weidingsbestuur, is die stand van die weiding op my plaas baie goed.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie